Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 41
Psal Afr1953 41:2  Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
Psal Afr1953 41:3  Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
Psal Afr1953 41:4  Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
Psal Afr1953 41:5  Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
Psal Afr1953 41:6  My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
Psal Afr1953 41:7  En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
Psal Afr1953 41:8  Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
Psal Afr1953 41:9  Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
Psal Afr1953 41:10  Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
Psal Afr1953 41:11  Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
Psal Afr1953 41:12  Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
Psal Afr1953 41:13  My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid. Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.