PSALMS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Chapter 74
Psal | Afr1953 | 74:1 | 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide? | |
Psal | Afr1953 | 74:2 | Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het. | |
Psal | Afr1953 | 74:3 | Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel. | |
Psal | Afr1953 | 74:4 | U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. | |
Psal | Afr1953 | 74:6 | En nou — die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan. | |
Psal | Afr1953 | 74:7 | Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig. | |
Psal | Afr1953 | 74:8 | Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand. | |
Psal | Afr1953 | 74:9 | Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie. | |
Psal | Afr1953 | 74:10 | Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag? | |
Psal | Afr1953 | 74:13 | U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek. | |
Psal | Afr1953 | 74:14 | U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk — vir woestyndiere. | |
Psal | Afr1953 | 74:16 | Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel. | |
Psal | Afr1953 | 74:17 | U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer. | |
Psal | Afr1953 | 74:19 | Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie. | |
Psal | Afr1953 | 74:20 | Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld. | |
Psal | Afr1953 | 74:21 | Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys. | |
Psal | Afr1953 | 74:22 | Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas. | |