Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 143
Psal Afr1953 143:1  'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
Psal Afr1953 143:2  En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.
Psal Afr1953 143:3  Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.
Psal Afr1953 143:4  En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.
Psal Afr1953 143:5  Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.
Psal Afr1953 143:6  Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.
Psal Afr1953 143:7  Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.
Psal Afr1953 143:8  Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
Psal Afr1953 143:10  Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.
Psal Afr1953 143:11  o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.
Psal Afr1953 143:12  En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.