Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 144
Psal Afr1953 144:1  'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer —
Psal Afr1953 144:2  my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.
Psal Afr1953 144:3  o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?
Psal Afr1953 144:4  Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee.
Psal Afr1953 144:5  Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!
Psal Afr1953 144:6  Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!
Psal Afr1953 144:7  Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,
Psal Afr1953 144:8  wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is.
Psal Afr1953 144:9  o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.
Psal Afr1953 144:10  U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.
Psal Afr1953 144:11  Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is;
Psal Afr1953 144:12  sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis;
Psal Afr1953 144:13  dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde;
Psal Afr1953 144:14  ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.
Psal Afr1953 144:15  Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!