Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 76
Psal Afr1953 76:1  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
Psal Afr1953 76:2  God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
Psal Afr1953 76:3  Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
Psal Afr1953 76:4  Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
Psal Afr1953 76:6  Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
Psal Afr1953 76:7  Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
Psal Afr1953 76:8  U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
Psal Afr1953 76:9  Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
Psal Afr1953 76:10  toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
Psal Afr1953 76:11  Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
Psal Afr1953 76:12  Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.