Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 136
Psal Afr1953 136:1  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:2  Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:3  Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid —
Psal Afr1953 136:4  Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:5  Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:6  Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:7  Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:8  Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:9  Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:10  Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:11  En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:12  Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:13  Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:14  En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:15  En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:16  Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:17  Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:18  En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:19  Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:20  En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:21  En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:22  As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:23  Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:24  En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:25  Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psal Afr1953 136:26  Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.