Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 58
Psal Afr1953 58:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.
Psal Afr1953 58:2  Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
Psal Afr1953 58:3  Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
Psal Afr1953 58:4  Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
Psal Afr1953 58:5  Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
Psal Afr1953 58:6  wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
Psal Afr1953 58:7  o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
Psal Afr1953 58:8  Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
Psal Afr1953 58:9  Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
Psal Afr1953 58:10  Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
Psal Afr1953 58:11  Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!