Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 56
Psal Afr1953 56:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
Psal Afr1953 56:2  Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
Psal Afr1953 56:3  My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
Psal Afr1953 56:5  Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
Psal Afr1953 56:6  Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
Psal Afr1953 56:7  Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
Psal Afr1953 56:8  Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
Psal Afr1953 56:9  U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
Psal Afr1953 56:10  Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
Psal Afr1953 56:11  Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
Psal Afr1953 56:12  Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
Psal Afr1953 56:13  Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; want U het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.