Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 26
Psal Afr1953 26:1  'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
Psal Afr1953 26:2  Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
Psal Afr1953 26:3  want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
Psal Afr1953 26:4  Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
Psal Afr1953 26:5  Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
Psal Afr1953 26:6  Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
Psal Afr1953 26:7  om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
Psal Afr1953 26:8  HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
Psal Afr1953 26:9  Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
Psal Afr1953 26:10  in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
Psal Afr1953 26:11  Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
Psal Afr1953 26:12  My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.