Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 85
Psal Afr1953 85:1  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
Psal Afr1953 85:2  U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.
Psal Afr1953 85:3  U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
Psal Afr1953 85:4  U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
Psal Afr1953 85:5  Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
Psal Afr1953 85:6  Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?
Psal Afr1953 85:7  Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
Psal Afr1953 85:8  Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
Psal Afr1953 85:9  Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
Psal Afr1953 85:10  Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
Psal Afr1953 85:11  Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
Psal Afr1953 85:12  Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
Psal Afr1953 85:13  Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.