Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 37
Psal Afr1953 37:1  'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
Psal Afr1953 37:2  want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
Psal Afr1953 37:3  Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
Psal Afr1953 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Psal Afr1953 37:5  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
Psal Afr1953 37:6  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
Psal Afr1953 37:7  Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
Psal Afr1953 37:8  He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
Psal Afr1953 37:9  Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
Psal Afr1953 37:10  Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Psal Afr1953 37:11  Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Psal Afr1953 37:12  Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
Psal Afr1953 37:13  Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.
Psal Afr1953 37:14  Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
Psal Afr1953 37:15  Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
Psal Afr1953 37:16  Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
Psal Afr1953 37:17  want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.
Psal Afr1953 37:18  Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
Psal Afr1953 37:19  Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Psal Afr1953 37:20  Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
Psal Afr1953 37:21  Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
Psal Afr1953 37:22  want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
Psal Afr1953 37:23  Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.
Psal Afr1953 37:24  As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.
Psal Afr1953 37:25  Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Psal Afr1953 37:26  Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.
Psal Afr1953 37:27  Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;
Psal Afr1953 37:28  want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
Psal Afr1953 37:29  Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Psal Afr1953 37:30  Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
Psal Afr1953 37:31  Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
Psal Afr1953 37:32  Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
Psal Afr1953 37:33  Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.
Psal Afr1953 37:34  Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
Psal Afr1953 37:35  Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.
Psal Afr1953 37:36  Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
Psal Afr1953 37:37  Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.
Psal Afr1953 37:38  Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.
Psal Afr1953 37:39  Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
Psal Afr1953 37:40  En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.