Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 49
Psal Afr1953 49:1  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
Psal Afr1953 49:2  Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
Psal Afr1953 49:3  geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
Psal Afr1953 49:4  My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
Psal Afr1953 49:5  Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
Psal Afr1953 49:6  Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —
Psal Afr1953 49:7  die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
Psal Afr1953 49:8  Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
Psal Afr1953 49:9  (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
Psal Afr1953 49:10  dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
Psal Afr1953 49:11  Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
Psal Afr1953 49:12  Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
Psal Afr1953 49:13  Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
Psal Afr1953 49:14  Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
Psal Afr1953 49:15  Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
Psal Afr1953 49:16  Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
Psal Afr1953 49:17  Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
Psal Afr1953 49:18  want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
Psal Afr1953 49:19  Al ag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen —
Psal Afr1953 49:20  tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.