Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 109
Psal Afr1953 109:1  Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!
Psal Afr1953 109:2  Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,
Psal Afr1953 109:3  en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
Psal Afr1953 109:4  Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
Psal Afr1953 109:5  En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
Psal Afr1953 109:6  Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.
Psal Afr1953 109:7  As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
Psal Afr1953 109:10  en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
Psal Afr1953 109:11  Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
Psal Afr1953 109:12  Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
Psal Afr1953 109:13  Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
Psal Afr1953 109:14  Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
Psal Afr1953 109:15  Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
Psal Afr1953 109:16  omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
Psal Afr1953 109:17  Ja, hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en — dit het ver van hom af gebly.
Psal Afr1953 109:18  Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
Psal Afr1953 109:19  Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
Psal Afr1953 109:20  Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
Psal Afr1953 109:21  Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
Psal Afr1953 109:22  Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
Psal Afr1953 109:23  Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
Psal Afr1953 109:24  My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
Psal Afr1953 109:25  En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
Psal Afr1953 109:26  Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,
Psal Afr1953 109:27  sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.
Psal Afr1953 109:28  Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.
Psal Afr1953 109:29  Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.
Psal Afr1953 109:30  Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;
Psal Afr1953 109:31  want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.