Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 42
Psal Afr1953 42:1  Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.
Psal Afr1953 42:2  Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
Psal Afr1953 42:3  My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
Psal Afr1953 42:4  My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
Psal Afr1953 42:5  Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte!
Psal Afr1953 42:6  Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!
Psal Afr1953 42:7  o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
Psal Afr1953 42:8  Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
Psal Afr1953 42:9  Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.
Psal Afr1953 42:10  Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
Psal Afr1953 42:11  Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!