Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 45
Psal Afr1953 45:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
Psal Afr1953 45:2  My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
Psal Afr1953 45:3  U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
Psal Afr1953 45:4  Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
Psal Afr1953 45:5  ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
Psal Afr1953 45:6  U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
Psal Afr1953 45:7  U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
Psal Afr1953 45:8  U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Psal Afr1953 45:9  Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
Psal Afr1953 45:10  Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
Psal Afr1953 45:11  Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
Psal Afr1953 45:12  en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer.
Psal Afr1953 45:13  En, o dogter van Tirus — met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
Psal Afr1953 45:14  Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
Psal Afr1953 45:15  In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Psal Afr1953 45:16  Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
Psal Afr1953 45:17  In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.