Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 9
Psal Afr1953 9:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 9:2  Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
Psal Afr1953 9:3  In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
Psal Afr1953 9:4  omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
Psal Afr1953 9:5  Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
Psal Afr1953 9:6  U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
Psal Afr1953 9:7  Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
Psal Afr1953 9:8  Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
Psal Afr1953 9:9  En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
Psal Afr1953 9:10  So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
Psal Afr1953 9:11  En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
Psal Afr1953 9:12  Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
Psal Afr1953 9:13  Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
Psal Afr1953 9:14  Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
Psal Afr1953 9:15  sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
Psal Afr1953 9:16  Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
Psal Afr1953 9:17  Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
Psal Afr1953 9:18  Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
Psal Afr1953 9:19  Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
Psal Afr1953 9:20  Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.