Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 57
Psal Afr1953 57:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.
Psal Afr1953 57:2  Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
Psal Afr1953 57:3  Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
Psal Afr1953 57:4  Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.
Psal Afr1953 57:5  Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.
Psal Afr1953 57:6  Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
Psal Afr1953 57:7  Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
Psal Afr1953 57:8  My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.
Psal Afr1953 57:9  Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
Psal Afr1953 57:10  Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.
Psal Afr1953 57:11  Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke. Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!