Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 73
Psal Afr1953 73:1  'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Psal Afr1953 73:2  Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
Psal Afr1953 73:3  Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
Psal Afr1953 73:4  Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
Psal Afr1953 73:5  In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
Psal Afr1953 73:6  Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.
Psal Afr1953 73:7  Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
Psal Afr1953 73:8  Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
Psal Afr1953 73:9  Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
Psal Afr1953 73:10  Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
Psal Afr1953 73:11  En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
Psal Afr1953 73:12  Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
Psal Afr1953 73:13  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Psal Afr1953 73:14  Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
Psal Afr1953 73:15  As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
Psal Afr1953 73:16  Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
Psal Afr1953 73:17  totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
Psal Afr1953 73:18  Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
Psal Afr1953 73:19  Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
Psal Afr1953 73:20  Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
Psal Afr1953 73:21  Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
Psal Afr1953 73:22  toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.
Psal Afr1953 73:23  Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
Psal Afr1953 73:24  U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
Psal Afr1953 73:25  Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
Psal Afr1953 73:26  Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
Psal Afr1953 73:27  Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
Psal Afr1953 73:28  Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.