Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 63
Psal Afr1953 63:1  'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
Psal Afr1953 63:2  o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
Psal Afr1953 63:3  Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
Psal Afr1953 63:4  Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
Psal Afr1953 63:5  Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
Psal Afr1953 63:6  Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
Psal Afr1953 63:7  as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
Psal Afr1953 63:8  Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
Psal Afr1953 63:9  My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
Psal Afr1953 63:10  Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
Psal Afr1953 63:11  Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.