Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 11
Psal Afr1953 11:1  Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!
Psal Afr1953 11:2  Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
Psal Afr1953 11:3  As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
Psal Afr1953 11:4  Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Psal Afr1953 11:5  Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psal Afr1953 11:6  Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
Psal Afr1953 11:7  Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.