Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 75
Psal Afr1953 75:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
Psal Afr1953 75:2  Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
Psal Afr1953 75:3  As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
Psal Afr1953 75:4  Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
Psal Afr1953 75:5  Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
Psal Afr1953 75:6  Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
Psal Afr1953 75:7  Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
Psal Afr1953 75:8  maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
Psal Afr1953 75:9  Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
Psal Afr1953 75:10  Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob. En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.