Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LAMENTATIONS
1 2 3 4 5
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Lame Afr1953 3:1  Alef. Ek is die man wat ellende gesien het deur die roede van sy grimmigheid.
Lame Afr1953 3:2  My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig.
Lame Afr1953 3:3  Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.
Lame Afr1953 3:4  Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek.
Lame Afr1953 3:5  Hy het my met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite.
Lame Afr1953 3:6  Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.
Lame Afr1953 3:7  Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.
Lame Afr1953 3:8  Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.
Lame Afr1953 3:9  Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.
Lame Afr1953 3:10  Dalet. Hy is 'n beer wat my voorlê, 'n leeu in skuilplekke.
Lame Afr1953 3:11  Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot 'n woesteny gemaak.
Lame Afr1953 3:12  Hy het sy boog gespan en my as 'n teiken vir die pyl opgestel.
Lame Afr1953 3:13  He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.
Lame Afr1953 3:14  Ek het 'n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.
Lame Afr1953 3:15  Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wilde-als laat drink.
Lame Afr1953 3:16  Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.
Lame Afr1953 3:17  En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.
Lame Afr1953 3:18  Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die HERE.
Lame Afr1953 3:19  Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wilde-als en die gif.
Lame Afr1953 3:20  As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.
Lame Afr1953 3:22  Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;
Lame Afr1953 3:24  Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
Lame Afr1953 3:25  Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
Lame Afr1953 3:26  Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.
Lame Afr1953 3:27  Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra.
Lame Afr1953 3:28  Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.
Lame Afr1953 3:29  Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!
Lame Afr1953 3:30  Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.
Lame Afr1953 3:31  Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.
Lame Afr1953 3:32  Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;
Lame Afr1953 3:33  want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.
Lame Afr1953 3:34  Lamed. Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,
Lame Afr1953 3:35  dat hulle die reg van 'n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,
Lame Afr1953 3:36  dat hulle 'n mens onregverdig behandel in sy regsaak — het die HERE dit nie gesien nie?
Lame Afr1953 3:37  Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?
Lame Afr1953 3:38  Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?
Lame Afr1953 3:39  Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.
Lame Afr1953 3:40  Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer;
Lame Afr1953 3:41  laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
Lame Afr1953 3:42  Ons het oortree en ons was wederstrewig — U het nie vergewe nie.
Lame Afr1953 3:43  Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.
Lame Afr1953 3:44  U het Uself in 'n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;
Lame Afr1953 3:45  U het ons 'n uitvaagsel en 'n wegwerpsel onder die volke gemaak.
Lame Afr1953 3:46  Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;
Lame Afr1953 3:47  skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.
Lame Afr1953 3:48  My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.
Lame Afr1953 3:50  totdat die HERE uit die hemel neersien en aanskou.
Lame Afr1953 3:51  My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.
Lame Afr1953 3:52  Sade. Hulle het my soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;
Lame Afr1953 3:53  hulle het my lewe in 'n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi.
Lame Afr1953 3:54  Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!
Lame Afr1953 3:55  Kof. Ek roep u Naam aan, HERE, uit die onderste kuil.
Lame Afr1953 3:56  U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.
Lame Afr1953 3:57  U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!
Lame Afr1953 3:58  Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.
Lame Afr1953 3:59  U sien, HERE, my verdrukking; verskaf my tog reg.
Lame Afr1953 3:60  U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.
Lame Afr1953 3:61  Sjin. U hoor hulle smaadrede, HERE, al hulle planne teen my,
Lame Afr1953 3:62  die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.
Lame Afr1953 3:63  Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, ek is hulle spotlied.
Lame Afr1953 3:64  Tau. U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, HERE.
Lame Afr1953 3:65  U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.
Lame Afr1953 3:66  U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die HERE uit.