Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 62
Psal Afr1953 62:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 62:2  Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
Psal Afr1953 62:3  Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
Psal Afr1953 62:4  Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?
Psal Afr1953 62:5  Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
Psal Afr1953 62:6  Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
Psal Afr1953 62:7  Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
Psal Afr1953 62:8  By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
Psal Afr1953 62:9  Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
Psal Afr1953 62:10  Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
Psal Afr1953 62:11  Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
Psal Afr1953 62:12  Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort, en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.