Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 59
Psal Afr1953 59:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.
Psal Afr1953 59:2  Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!
Psal Afr1953 59:3  Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!
Psal Afr1953 59:4  Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!
Psal Afr1953 59:5  Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!
Psal Afr1953 59:6  Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.
Psal Afr1953 59:7  Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
Psal Afr1953 59:8  Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor?
Psal Afr1953 59:9  Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.
Psal Afr1953 59:10  My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.
Psal Afr1953 59:11  My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.
Psal Afr1953 59:12  Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!
Psal Afr1953 59:13  Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.
Psal Afr1953 59:14  Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.
Psal Afr1953 59:15  En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
Psal Afr1953 59:16  Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.
Psal Afr1953 59:17  Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.