Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 88
Psal Afr1953 88:1  'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.
Psal Afr1953 88:2  HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
Psal Afr1953 88:3  Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
Psal Afr1953 88:4  Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
Psal Afr1953 88:5  Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
Psal Afr1953 88:6  vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
Psal Afr1953 88:7  U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
Psal Afr1953 88:8  U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
Psal Afr1953 88:9  U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
Psal Afr1953 88:10  My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
Psal Afr1953 88:11  Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
Psal Afr1953 88:12  Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
Psal Afr1953 88:13  Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
Psal Afr1953 88:14  Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
Psal Afr1953 88:15  HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
Psal Afr1953 88:16  Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
Psal Afr1953 88:17  U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
Psal Afr1953 88:18  die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.