Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 66
Psal Afr1953 66:1  Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
Psal Afr1953 66:2  Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
Psal Afr1953 66:3  Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
Psal Afr1953 66:4  Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
Psal Afr1953 66:5  Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
Psal Afr1953 66:6  Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
Psal Afr1953 66:7  Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
Psal Afr1953 66:8  Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —
Psal Afr1953 66:9  wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
Psal Afr1953 66:10  Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
Psal Afr1953 66:11  U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê.
Psal Afr1953 66:12  U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
Psal Afr1953 66:13  Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
Psal Afr1953 66:14  wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.
Psal Afr1953 66:15  Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.
Psal Afr1953 66:16  Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
Psal Afr1953 66:17  Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
Psal Afr1953 66:18  As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
Psal Afr1953 66:19  Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
Psal Afr1953 66:20  Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!