Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 104
Psal Afr1953 104:1  Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed —
Psal Afr1953 104:2  wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
Psal Afr1953 104:3  wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
Psal Afr1953 104:4  wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
Psal Afr1953 104:5  Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
Psal Afr1953 104:6  U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
Psal Afr1953 104:7  Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik —
Psal Afr1953 104:8  berge het opgerys, laagtes het weggesak — na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
Psal Afr1953 104:9  'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
Psal Afr1953 104:10  Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
Psal Afr1953 104:11  Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
Psal Afr1953 104:12  By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
Psal Afr1953 104:13  Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
Psal Afr1953 104:14  Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
Psal Afr1953 104:15  en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
Psal Afr1953 104:16  Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
Psal Afr1953 104:17  waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
Psal Afr1953 104:18  Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
Psal Afr1953 104:19  Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
Psal Afr1953 104:20  U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
Psal Afr1953 104:21  Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
Psal Afr1953 104:22  As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
Psal Afr1953 104:23  Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
Psal Afr1953 104:24  Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
Psal Afr1953 104:25  Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
Psal Afr1953 104:26  Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
Psal Afr1953 104:27  Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
Psal Afr1953 104:28  U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
Psal Afr1953 104:29  U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
Psal Afr1953 104:30  U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
Psal Afr1953 104:31  Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
Psal Afr1953 104:32  Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
Psal Afr1953 104:33  Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
Psal Afr1953 104:34  Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
Psal Afr1953 104:35  Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!