JOB
Up
Chapter 1
Job | Afr1953 | 1:1 | Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad. | |
Job | Afr1953 | 1:3 | Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. | |
Job | Afr1953 | 1:4 | En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink. | |
Job | Afr1953 | 1:5 | En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen. | |
Job | Afr1953 | 1:6 | En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. | |
Job | Afr1953 | 1:7 | Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. | |
Job | Afr1953 | 1:8 | En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. | |
Job | Afr1953 | 1:10 | Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land. | |
Job | Afr1953 | 1:11 | Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën! | |
Job | Afr1953 | 1:12 | Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE. | |
Job | Afr1953 | 1:13 | En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, | |
Job | Afr1953 | 1:14 | kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, | |
Job | Afr1953 | 1:15 | het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. | |
Job | Afr1953 | 1:16 | Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. | |
Job | Afr1953 | 1:17 | Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. | |
Job | Afr1953 | 1:18 | Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, | |
Job | Afr1953 | 1:19 | toe daar meteens 'n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. | |
Job | Afr1953 | 1:20 | Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval | |
Job | Afr1953 | 1:21 | en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! | |
Chapter 2
Job | Afr1953 | 2:1 | En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel. | |
Job | Afr1953 | 2:2 | Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. | |
Job | Afr1953 | 2:3 | En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak. | |
Job | Afr1953 | 2:4 | Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe; | |
Job | Afr1953 | 2:5 | maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën! | |
Job | Afr1953 | 2:7 | En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel. | |
Job | Afr1953 | 2:8 | En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit. | |
Job | Afr1953 | 2:10 | Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie. | |
Job | Afr1953 | 2:11 | En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos. | |
Job | Afr1953 | 2:12 | En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe. | |
Chapter 3
Job | Afr1953 | 3:3 | Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang. | |
Job | Afr1953 | 3:4 | Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. | |
Job | Afr1953 | 3:5 | Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik. | |
Job | Afr1953 | 3:6 | Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie. | |
Job | Afr1953 | 3:8 | Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits. | |
Job | Afr1953 | 3:9 | Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie. | |
Job | Afr1953 | 3:10 | Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie. | |
Job | Afr1953 | 3:11 | Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie? | |
Job | Afr1953 | 3:13 | Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, | |
Job | Afr1953 | 3:14 | saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; | |
Job | Afr1953 | 3:16 | Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie. | |
Job | Afr1953 | 3:23 | Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is? | |
Job | Afr1953 | 3:25 | As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. | |
Chapter 4
Job | Afr1953 | 4:2 | As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit? | |
Job | Afr1953 | 4:5 | Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae! | |
Job | Afr1953 | 4:9 | Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig. | |
Job | Afr1953 | 4:10 | Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller — ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek. | |
Job | Afr1953 | 4:11 | Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi. | |
Job | Afr1953 | 4:12 | Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang, | |
Job | Afr1953 | 4:16 | Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê: | |
Job | Afr1953 | 4:19 | Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot. | |
Job | Afr1953 | 4:20 | Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee. | |
Chapter 5
Job | Afr1953 | 5:1 | Roep maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan? | |
Job | Afr1953 | 5:3 | Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek. | |
Job | Afr1953 | 5:4 | Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. | |
Job | Afr1953 | 5:5 | Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. | |
Job | Afr1953 | 5:11 | om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk. | |
Job | Afr1953 | 5:12 | Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; | |
Job | Afr1953 | 5:13 | wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. | |
Job | Afr1953 | 5:15 | So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man. | |
Job | Afr1953 | 5:17 | Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. | |
Job | Afr1953 | 5:20 | In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. | |
Job | Afr1953 | 5:21 | As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. | |
Job | Afr1953 | 5:22 | Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie. | |
Job | Afr1953 | 5:23 | Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend. | |
Job | Afr1953 | 5:24 | En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie. | |
Job | Afr1953 | 5:25 | Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde. | |
Job | Afr1953 | 5:26 | Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd. | |
Chapter 6
Job | Afr1953 | 6:3 | Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam. | |
Job | Afr1953 | 6:4 | Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op. | |
Job | Afr1953 | 6:10 | Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie. | |
Job | Afr1953 | 6:14 | Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. | |
Job | Afr1953 | 6:15 | My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop, | |
Job | Afr1953 | 6:17 | in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek. | |
Job | Afr1953 | 6:20 | Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld. | |
Job | Afr1953 | 6:21 | So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees. | |
Job | Afr1953 | 6:23 | Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne? | |
Job | Afr1953 | 6:25 | Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig? | |
Job | Afr1953 | 6:29 | Keer tog terug — laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug — nóg is my geregtigheid daar. | |
Chapter 7
Job | Afr1953 | 7:1 | Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie? | |
Job | Afr1953 | 7:3 | so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem. | |
Job | Afr1953 | 7:4 | As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. | |
Job | Afr1953 | 7:5 | My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. | |
Job | Afr1953 | 7:8 | Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my — en ek is daar nie! | |
Job | Afr1953 | 7:9 | Die wolk verdwyn en gaan heen — so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie. | |
Job | Afr1953 | 7:11 | So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. | |
Job | Afr1953 | 7:16 | Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. | |
Job | Afr1953 | 7:19 | Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk? | |
Job | Afr1953 | 7:20 | As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is? | |
Chapter 8
Job | Afr1953 | 8:2 | Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees? | |
Job | Afr1953 | 8:6 | as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid; | |
Job | Afr1953 | 8:8 | Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het; | |
Job | Afr1953 | 8:9 | (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;) | |
Job | Afr1953 | 8:12 | Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras. | |
Job | Afr1953 | 8:13 | So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose; | |
Job | Afr1953 | 8:15 | Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie. | |
Job | Afr1953 | 8:18 | As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie. | |
Chapter 9
Job | Afr1953 | 9:3 | As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie. | |
Job | Afr1953 | 9:4 | Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly? | |
Job | Afr1953 | 9:7 | wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit; | |
Job | Afr1953 | 9:11 | Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk. | |
Job | Afr1953 | 9:15 | Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek! | |
Job | Afr1953 | 9:17 | Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder; | |
Job | Afr1953 | 9:19 | Kom dit aan op die krag van die sterkste — hier is Ek! En kom dit op reg aan — wie kan My dagvaar? | |
Job | Afr1953 | 9:20 | Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken. | |
Job | Afr1953 | 9:24 | Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders? | |
Job | Afr1953 | 9:25 | Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien. | |
Job | Afr1953 | 9:26 | Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi. | |
Job | Afr1953 | 9:32 | Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie. | |
Chapter 10
Job | Afr1953 | 10:1 | Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. | |
Job | Afr1953 | 10:3 | Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn? | |
Job | Afr1953 | 10:7 | ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie? | |
Job | Afr1953 | 10:14 | As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie. | |
Job | Afr1953 | 10:15 | Was ek skuldig — wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende. | |
Job | Afr1953 | 10:16 | En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra. | |
Job | Afr1953 | 10:17 | U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder — altyd nuwe leërafdelings teen my! | |
Job | Afr1953 | 10:18 | Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het. | |
Job | Afr1953 | 10:19 | Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. | |
Job | Afr1953 | 10:20 | Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees, | |
Job | Afr1953 | 10:21 | voordat ek heengaan — en nie terugkom nie — na die land van duisternis en doodskaduwee, | |
Chapter 11
Job | Afr1953 | 11:3 | Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot — sonder dat iemand jou beskaamd maak — | |
Job | Afr1953 | 11:6 | En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien. | |
Job | Afr1953 | 11:7 | Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? | |
Job | Afr1953 | 11:8 | Hoogtes van die hemel is dit — wat kan jy doen? Dieper as die doderyk — wat kan jy weet? | |
Job | Afr1953 | 11:10 | As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep — wie sal Hom dan teëhou? | |
Job | Afr1953 | 11:11 | Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee. | |
Job | Afr1953 | 11:14 | — as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie — | |
Job | Afr1953 | 11:15 | ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees. | |
Job | Afr1953 | 11:16 | Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink. | |
Job | Afr1953 | 11:17 | En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker — dit sal wees soos die môre! | |
Job | Afr1953 | 11:18 | En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond — jy sal in veiligheid gaan slaap. | |
Chapter 12
Job | Afr1953 | 12:3 | Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie? | |
Job | Afr1953 | 12:4 | Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het — 'n belagging is die regverdige, die opregte! | |
Job | Afr1953 | 12:5 | Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel. | |
Job | Afr1953 | 12:6 | Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra. | |
Job | Afr1953 | 12:7 | Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; | |
Job | Afr1953 | 12:8 | of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. | |
Job | Afr1953 | 12:10 | In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees. | |
Job | Afr1953 | 12:14 | Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie. | |
Job | Afr1953 | 12:15 | Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om. | |
Job | Afr1953 | 12:20 | Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel. | |
Job | Afr1953 | 12:22 | Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig. | |
Job | Afr1953 | 12:24 | Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad. | |
Chapter 13
Job | Afr1953 | 13:7 | Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor? | |
Job | Afr1953 | 13:9 | Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word? | |
Job | Afr1953 | 13:11 | Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie? | |
Job | Afr1953 | 13:15 | Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit. | |
Job | Afr1953 | 13:20 | Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie: | |
Job | Afr1953 | 13:27 | en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete; | |
Chapter 14
Job | Afr1953 | 14:2 | Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie. | |
Job | Afr1953 | 14:5 | As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie, | |
Job | Afr1953 | 14:6 | kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag. | |
Job | Afr1953 | 14:7 | Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie. | |
Job | Afr1953 | 14:9 | van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie. | |
Job | Afr1953 | 14:10 | Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en — waar is hy? | |
Job | Afr1953 | 14:12 | so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie. | |
Job | Afr1953 | 14:13 | Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink! | |
Job | Afr1953 | 14:14 | As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom; | |
Job | Afr1953 | 14:18 | Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek; | |
Job | Afr1953 | 14:19 | die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens — U maak dit tot niet. | |
Job | Afr1953 | 14:21 | Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie. | |
Chapter 15
Job | Afr1953 | 15:2 | Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind — | |
Job | Afr1953 | 15:4 | Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God. | |
Job | Afr1953 | 15:5 | Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. | |
Job | Afr1953 | 15:11 | Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek? | |
Job | Afr1953 | 15:14 | Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? | |
Job | Afr1953 | 15:15 | Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; | |
Job | Afr1953 | 15:18 | wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer; | |
Job | Afr1953 | 15:19 | aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. | |
Job | Afr1953 | 15:20 | Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. | |
Job | Afr1953 | 15:22 | Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. | |
Job | Afr1953 | 15:23 | Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. | |
Job | Afr1953 | 15:24 | Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval, | |
Job | Afr1953 | 15:28 | en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. | |
Job | Afr1953 | 15:29 | Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie. | |
Job | Afr1953 | 15:30 | Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God. | |
Job | Afr1953 | 15:31 | Laat hom nie vertrou op nietigheid nie — hy kom bedroë uit! — want nietigheid sal sy vergelding wees. | |
Job | Afr1953 | 15:33 | Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom. | |
Job | Afr1953 | 15:34 | Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery. | |
Chapter 16
Job | Afr1953 | 16:4 | Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud; | |
Job | Afr1953 | 16:5 | ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring! | |
Job | Afr1953 | 16:6 | As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou — watter verligting bring dit my? | |
Job | Afr1953 | 16:8 | En U het my gegryp — 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my. | |
Job | Afr1953 | 16:9 | Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan. | |
Job | Afr1953 | 16:10 | Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my. | |
Job | Afr1953 | 16:12 | Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. | |
Job | Afr1953 | 16:13 | Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit. | |
Job | Afr1953 | 16:18 | o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie. | |
Job | Afr1953 | 16:19 | Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes. | |
Chapter 17
Job | Afr1953 | 17:4 | Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. | |
Job | Afr1953 | 17:6 | Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug. | |
Job | Afr1953 | 17:8 | Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. | |
Job | Afr1953 | 17:9 | Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag. | |
Chapter 18
Job | Afr1953 | 18:4 | Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word? | |
Job | Afr1953 | 18:5 | Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. | |
Job | Afr1953 | 18:8 | Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil. | |
Job | Afr1953 | 18:13 | Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede. | |
Job | Afr1953 | 18:14 | Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge. | |
Job | Afr1953 | 18:15 | Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning. | |
Job | Afr1953 | 18:18 | Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom. | |
Job | Afr1953 | 18:19 | Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie. | |
Job | Afr1953 | 18:20 | Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan. | |
Chapter 19
Job | Afr1953 | 19:3 | Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam. | |
Job | Afr1953 | 19:6 | weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het. | |
Job | Afr1953 | 19:7 | As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie. | |
Job | Afr1953 | 19:8 | Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei. | |
Job | Afr1953 | 19:10 | Hy werp my aan alle kante omver, en — daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom. | |
Job | Afr1953 | 19:12 | As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent. | |
Job | Afr1953 | 19:13 | My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword. | |
Job | Afr1953 | 19:15 | My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë. | |
Job | Afr1953 | 19:17 | My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot. | |
Job | Afr1953 | 19:19 | Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer. | |
Job | Afr1953 | 19:20 | My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. | |
Job | Afr1953 | 19:21 | Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref! | |
Job | Afr1953 | 19:27 | Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste. | |
Job | Afr1953 | 19:28 | As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! — | |
Chapter 20
Job | Afr1953 | 20:3 | 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my. | |
Job | Afr1953 | 20:5 | dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik? | |
Job | Afr1953 | 20:8 | Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig. | |
Job | Afr1953 | 20:9 | Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie. | |
Job | Afr1953 | 20:10 | Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee. | |
Job | Afr1953 | 20:13 | al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte — | |
Job | Afr1953 | 20:14 | tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste. | |
Job | Afr1953 | 20:15 | Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg. | |
Job | Afr1953 | 20:18 | Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. | |
Job | Afr1953 | 20:19 | Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie. | |
Job | Afr1953 | 20:20 | Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. | |
Job | Afr1953 | 20:22 | By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom. | |
Job | Afr1953 | 20:23 | Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel. | |
Job | Afr1953 | 20:25 | Hy trek — daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! | |
Job | Afr1953 | 20:26 | Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly. | |
Job | Afr1953 | 20:28 | Weggevoer word die opbrings van sy huis — goed wat wegspoel op die dag van sy toorn. | |
Chapter 21
Job | Afr1953 | 21:4 | Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie? | |
Job | Afr1953 | 21:8 | Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. | |
Job | Afr1953 | 21:14 | Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. | |
Job | Afr1953 | 21:15 | Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? | |
Job | Afr1953 | 21:16 | (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!) | |
Job | Afr1953 | 21:17 | Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, | |
Job | Afr1953 | 21:19 | Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! | |
Job | Afr1953 | 21:20 | Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige. | |
Job | Afr1953 | 21:25 | Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. | |
Job | Afr1953 | 21:27 | Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree. | |
Job | Afr1953 | 21:28 | As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose — | |
Job | Afr1953 | 21:29 | het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!): | |
Job | Afr1953 | 21:30 | dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid? | |
Job | Afr1953 | 21:31 | Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel — wie sal hom dit vergeld? | |
Job | Afr1953 | 21:33 | Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. | |
Chapter 22
Job | Afr1953 | 22:2 | Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens. | |
Job | Afr1953 | 22:3 | Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel? | |
Job | Afr1953 | 22:6 | Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek. | |
Job | Afr1953 | 22:7 | Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou. | |
Job | Afr1953 | 22:8 | Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon! | |
Job | Afr1953 | 22:14 | Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy. | |
Job | Afr1953 | 22:18 | En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!) | |
Job | Afr1953 | 22:20 | Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer. | |
Job | Afr1953 | 22:21 | Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. | |
Job | Afr1953 | 22:23 | As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. | |
Job | Afr1953 | 22:24 | En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. | |
Chapter 23
Job | Afr1953 | 23:5 | ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê. | |
Job | Afr1953 | 23:7 | Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom. | |
Job | Afr1953 | 23:8 | Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. | |
Job | Afr1953 | 23:9 | As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie. | |
Job | Afr1953 | 23:11 | Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. | |
Job | Afr1953 | 23:12 | Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet. | |
Job | Afr1953 | 23:13 | Maar Hy bly onveranderlik Een — wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy. | |
Chapter 24
Job | Afr1953 | 24:1 | Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie? | |
Job | Afr1953 | 24:4 | Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg. | |
Job | Afr1953 | 24:5 | Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders. | |
Job | Afr1953 | 24:6 | Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes. | |
Job | Afr1953 | 24:7 | Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie. | |
Job | Afr1953 | 24:8 | Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas. | |
Job | Afr1953 | 24:10 | Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan. | |
Job | Afr1953 | 24:11 | Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors. | |
Job | Afr1953 | 24:12 | Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie. | |
Job | Afr1953 | 24:13 | Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie. | |
Job | Afr1953 | 24:14 | Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief. | |
Job | Afr1953 | 24:15 | En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig. | |
Job | Afr1953 | 24:16 | In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie. | |
Job | Afr1953 | 24:17 | Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker. | |
Job | Afr1953 | 24:18 | Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie. | |
Job | Afr1953 | 24:19 | Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg — so die doderyk die wat gesondig het. | |
Job | Afr1953 | 24:20 | Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout — | |
Job | Afr1953 | 24:21 | hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie. | |
Job | Afr1953 | 24:22 | Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op. | |
Job | Afr1953 | 24:24 | Hulle het hul verhef — 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny. | |
Chapter 25
Job | Afr1953 | 25:4 | Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is? | |
Job | Afr1953 | 25:5 | Kyk, selfs die maan — hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie. | |
Chapter 26
Job | Afr1953 | 26:12 | Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab. | |
Chapter 27
Job | Afr1953 | 27:2 | So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het — | |
Job | Afr1953 | 27:5 | Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie. | |
Job | Afr1953 | 27:6 | Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie. | |
Job | Afr1953 | 27:11 | Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie. | |
Job | Afr1953 | 27:13 | Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang: | |
Job | Afr1953 | 27:14 | as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie. | |
Job | Afr1953 | 27:17 | hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer. | |
Job | Afr1953 | 27:19 | Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en — is nie meer nie. | |
Chapter 28
Job | Afr1953 | 28:1 | Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas. | |
Job | Afr1953 | 28:3 | 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee. | |
Job | Afr1953 | 28:4 | Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer. | |
Job | Afr1953 | 28:5 | Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur. | |
Job | Afr1953 | 28:7 | 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie; | |
Job | Afr1953 | 28:11 | Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig. | |
Job | Afr1953 | 28:13 | Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie. | |
Job | Afr1953 | 28:15 | Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie. | |
Job | Afr1953 | 28:16 | Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie. | |
Job | Afr1953 | 28:17 | Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie. | |
Job | Afr1953 | 28:18 | Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale. | |
Job | Afr1953 | 28:19 | Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie. | |
Job | Afr1953 | 28:21 | Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel. | |
Job | Afr1953 | 28:22 | Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor. | |
Job | Afr1953 | 28:24 | Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy. | |
Job | Afr1953 | 28:27 | toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors. | |
Chapter 29
Job | Afr1953 | 29:6 | toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het. | |
Job | Afr1953 | 29:7 | Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het, | |
Job | Afr1953 | 29:8 | het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan. | |
Job | Afr1953 | 29:11 | Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis. | |
Job | Afr1953 | 29:12 | Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. | |
Job | Afr1953 | 29:13 | Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel. | |
Job | Afr1953 | 29:14 | Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband. | |
Job | Afr1953 | 29:16 | 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek. | |
Job | Afr1953 | 29:17 | En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger. | |
Job | Afr1953 | 29:18 | So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig. | |
Job | Afr1953 | 29:23 | En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns. | |
Job | Afr1953 | 29:24 | Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie. | |
Chapter 30
Job | Afr1953 | 30:1 | En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit — mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit. | |
Job | Afr1953 | 30:2 | Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan. | |
Job | Afr1953 | 30:3 | Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting; | |
Job | Afr1953 | 30:4 | hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood. | |
Job | Afr1953 | 30:5 | Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief. | |
Job | Afr1953 | 30:10 | Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie. | |
Job | Afr1953 | 30:11 | Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet. | |
Job | Afr1953 | 30:12 | Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op. | |
Job | Afr1953 | 30:13 | My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het. | |
Job | Afr1953 | 30:15 | Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan. | |
Job | Afr1953 | 30:17 | Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie. | |
Job | Afr1953 | 30:18 | Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my. | |
Job | Afr1953 | 30:21 | U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand. | |
Job | Afr1953 | 30:23 | Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. | |
Job | Afr1953 | 30:24 | Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? | |
Job | Afr1953 | 30:25 | Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? | |
Job | Afr1953 | 30:26 | Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. | |
Job | Afr1953 | 30:28 | Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp. | |
Chapter 31
Job | Afr1953 | 31:2 | Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes — | |
Job | Afr1953 | 31:3 | is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? | |
Job | Afr1953 | 31:7 | As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het — | |
Job | Afr1953 | 31:12 | Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. | |
Job | Afr1953 | 31:13 | As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het — | |
Job | Afr1953 | 31:15 | Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? | |
Job | Afr1953 | 31:18 | (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!) | |
Job | Afr1953 | 31:19 | as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; | |
Job | Afr1953 | 31:20 | as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; | |
Job | Afr1953 | 31:21 | as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het — | |
Job | Afr1953 | 31:23 | Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig. | |
Job | Afr1953 | 31:26 | as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, | |
Job | Afr1953 | 31:29 | As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het; | |
Job | Afr1953 | 31:30 | (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!) | |
Job | Afr1953 | 31:31 | as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? | |
Job | Afr1953 | 31:32 | (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!) | |
Job | Afr1953 | 31:33 | as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, | |
Job | Afr1953 | 31:34 | omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! | |
Job | Afr1953 | 31:35 | Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het! | |
Job | Afr1953 | 31:37 | Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom. | |
Job | Afr1953 | 31:39 | as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het — | |
Chapter 32
Job | Afr1953 | 32:1 | Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was. | |
Job | Afr1953 | 32:2 | En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God. | |
Job | Afr1953 | 32:3 | Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het. | |
Job | Afr1953 | 32:5 | Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam. | |
Job | Afr1953 | 32:6 | En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel. | |
Job | Afr1953 | 32:8 | Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak. | |
Job | Afr1953 | 32:11 | Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het. | |
Job | Afr1953 | 32:12 | En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie. | |
Job | Afr1953 | 32:13 | Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie. | |
Job | Afr1953 | 32:14 | Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie. | |
Job | Afr1953 | 32:15 | Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek. | |
Job | Afr1953 | 32:16 | Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord? | |
Job | Afr1953 | 32:19 | Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars. | |
Chapter 33
Job | Afr1953 | 33:3 | My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit. | |
Job | Afr1953 | 33:6 | Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp. | |
Job | Afr1953 | 33:7 | Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie. | |
Job | Afr1953 | 33:13 | Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie? | |
Job | Afr1953 | 33:15 | In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, | |
Job | Afr1953 | 33:16 | dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; | |
Job | Afr1953 | 33:18 | sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. | |
Job | Afr1953 | 33:21 | Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit. | |
Job | Afr1953 | 33:23 | Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee; | |
Job | Afr1953 | 33:24 | en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind — | |
Job | Afr1953 | 33:25 | dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid. | |
Job | Afr1953 | 33:26 | Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid. | |
Job | Afr1953 | 33:27 | Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. | |
Job | Afr1953 | 33:28 | Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig. | |
Job | Afr1953 | 33:30 | om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe. | |
Chapter 34
Job | Afr1953 | 34:6 | Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding! | |
Job | Afr1953 | 34:8 | Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense? | |
Job | Afr1953 | 34:10 | Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg! | |
Job | Afr1953 | 34:11 | Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind. | |
Job | Afr1953 | 34:12 | Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie. | |
Job | Afr1953 | 34:17 | Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel? | |
Job | Afr1953 | 34:19 | Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande. | |
Job | Afr1953 | 34:20 | In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf — nie deur 'n hand nie. | |
Job | Afr1953 | 34:22 | Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie. | |
Job | Afr1953 | 34:23 | Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie. | |
Job | Afr1953 | 34:25 | So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word. | |
Job | Afr1953 | 34:28 | om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor. | |
Job | Afr1953 | 34:29 | En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam; | |
Job | Afr1953 | 34:30 | sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie. | |
Job | Afr1953 | 34:32 | wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie — | |
Job | Afr1953 | 34:33 | moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit! | |
Job | Afr1953 | 34:36 | Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners. | |
Chapter 35
Job | Afr1953 | 35:6 | As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen? | |
Job | Afr1953 | 35:9 | Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes. | |
Job | Afr1953 | 35:11 | wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel? | |
Job | Afr1953 | 35:13 | Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie. | |
Job | Afr1953 | 35:15 | Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie, | |
Chapter 36
Job | Afr1953 | 36:2 | Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God. | |
Job | Afr1953 | 36:5 | Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand. | |
Job | Afr1953 | 36:7 | Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. | |
Job | Afr1953 | 36:9 | dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; | |
Job | Afr1953 | 36:10 | dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. | |
Job | Afr1953 | 36:11 | As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. | |
Job | Afr1953 | 36:12 | Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. | |
Job | Afr1953 | 36:13 | Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. | |
Job | Afr1953 | 36:16 | So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys. | |
Job | Afr1953 | 36:17 | Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp. | |
Job | Afr1953 | 36:18 | Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie. | |
Job | Afr1953 | 36:19 | Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u? | |
Job | Afr1953 | 36:21 | Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende. | |
Chapter 37
Job | Afr1953 | 37:2 | Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan. | |
Job | Afr1953 | 37:4 | Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie. | |
Job | Afr1953 | 37:6 | Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns. | |
Job | Afr1953 | 37:7 | Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het. | |
Job | Afr1953 | 37:11 | Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk; | |
Job | Afr1953 | 37:12 | en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond: | |
Job | Afr1953 | 37:13 | óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind. | |
Job | Afr1953 | 37:16 | Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis? | |
Job | Afr1953 | 37:19 | Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie. | |
Job | Afr1953 | 37:20 | Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word? | |
Job | Afr1953 | 37:21 | En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie. | |
Job | Afr1953 | 37:22 | Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit. | |
Job | Afr1953 | 37:23 | Die Almagtige — ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. | |
Chapter 38
Job | Afr1953 | 38:5 | Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? | |
Job | Afr1953 | 38:8 | En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? | |
Job | Afr1953 | 38:11 | en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe. | |
Job | Afr1953 | 38:14 | Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed. | |
Job | Afr1953 | 38:16 | Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed? | |
Job | Afr1953 | 38:17 | Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien? | |
Job | Afr1953 | 38:19 | Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek, | |
Job | Afr1953 | 38:20 | sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis? | |
Job | Afr1953 | 38:22 | Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien, | |
Job | Afr1953 | 38:24 | Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde? | |
Job | Afr1953 | 38:26 | om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie; | |
Job | Afr1953 | 38:27 | om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit? | |
Job | Afr1953 | 38:29 | Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel — wie baar dit? | |
Job | Afr1953 | 38:30 | Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar. | |
Job | Afr1953 | 38:36 | Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte? | |
Job | Afr1953 | 38:37 | Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel — wie giet hulle leeg | |
Chapter 39
Job | Afr1953 | 39:3 | Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel? | |
Job | Afr1953 | 39:4 | Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring? | |
Job | Afr1953 | 39:7 | Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie. | |
Job | Afr1953 | 39:8 | Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak? | |
Job | Afr1953 | 39:13 | Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg? | |
Job | Afr1953 | 39:15 | Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer? | |
Job | Afr1953 | 39:18 | en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap. | |
Job | Afr1953 | 39:19 | Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie. | |
Job | Afr1953 | 39:27 | Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie. | |
Job | Afr1953 | 39:28 | By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu. | |
Job | Afr1953 | 39:29 | Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe? | |
Job | Afr1953 | 39:30 | Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. En die HERE het Job geantwoord en gesê: Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. | |
Chapter 40
Job | Afr1953 | 40:5 | Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie! | |
Job | Afr1953 | 40:7 | Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. | |
Job | Afr1953 | 40:8 | Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg. | |
Job | Afr1953 | 40:10 | Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees. | |
Job | Afr1953 | 40:14 | Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf. | |
Job | Afr1953 | 40:18 | As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond. | |
Job | Afr1953 | 40:24 | Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? | |
Chapter 41
Job | Afr1953 | 41:1 | Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? | |
Job | Afr1953 | 41:2 | Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. | |
Job | Afr1953 | 41:3 | Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. | |
Job | Afr1953 | 41:4 | Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit — wie kan daarin deurdring? | |
Job | Afr1953 | 41:16 | As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself. | |
Job | Afr1953 | 41:17 | Raak iemand hom met die swaard — dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie. | |
Job | Afr1953 | 41:22 | Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot. | |
Chapter 42
Job | Afr1953 | 42:3 | Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. | |
Job | Afr1953 | 42:7 | En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. | |
Job | Afr1953 | 42:8 | Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. | |
Job | Afr1953 | 42:9 | Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem. | |
Job | Afr1953 | 42:10 | En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen. | |
Job | Afr1953 | 42:11 | Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring. | |
Job | Afr1953 | 42:12 | En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad. | |
Job | Afr1953 | 42:15 | En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle 'n erfdeel gegee onder hulle broers. | |
Job | Afr1953 | 42:16 | En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte. | |