PSALMS
Up
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Chapter 1
Psal | Afr1953 | 1:1 | Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; | |
Psal | Afr1953 | 1:3 | En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. | |
Psal | Afr1953 | 1:5 | Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. | |
Chapter 2
Psal | Afr1953 | 2:2 | Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: | |
Psal | Afr1953 | 2:5 | Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: | |
Psal | Afr1953 | 2:7 | Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. | |
Psal | Afr1953 | 2:8 | Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. | |
Psal | Afr1953 | 2:9 | U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot. | |
Chapter 3
Psal | Afr1953 | 3:6 | Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my. | |
Chapter 4
Psal | Afr1953 | 4:2 | As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! | |
Psal | Afr1953 | 4:3 | o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. | |
Psal | Afr1953 | 4:4 | Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. | |
Psal | Afr1953 | 4:5 | Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 4:7 | Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! | |
Chapter 5
Psal | Afr1953 | 5:4 | In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. | |
Psal | Afr1953 | 5:5 | Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie. | |
Psal | Afr1953 | 5:6 | Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 5:7 | U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku. | |
Psal | Afr1953 | 5:8 | Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees. | |
Psal | Afr1953 | 5:10 | Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad. | |
Psal | Afr1953 | 5:11 | Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U. | |
Chapter 6
Psal | Afr1953 | 6:3 | Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. | |
Psal | Afr1953 | 6:7 | Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. | |
Psal | Afr1953 | 6:9 | Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor. | |
Chapter 7
Psal | Afr1953 | 7:1 | Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. | |
Psal | Afr1953 | 7:5 | as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was), | |
Psal | Afr1953 | 7:6 | mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 7:7 | Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het! | |
Psal | Afr1953 | 7:8 | En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte! | |
Psal | Afr1953 | 7:9 | Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is. | |
Psal | Afr1953 | 7:10 | Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God! | |
Psal | Afr1953 | 7:16 | Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het. | |
Chapter 8
Psal | Afr1953 | 8:2 | o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. | |
Psal | Afr1953 | 8:3 | Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. | |
Psal | Afr1953 | 8:4 | As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het — | |
Psal | Afr1953 | 8:6 | U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. | |
Chapter 9
Psal | Afr1953 | 9:5 | Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter! | |
Psal | Afr1953 | 9:6 | U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. | |
Psal | Afr1953 | 9:7 | Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan. | |
Psal | Afr1953 | 9:10 | So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. | |
Psal | Afr1953 | 9:11 | En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! | |
Psal | Afr1953 | 9:12 | Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade. | |
Psal | Afr1953 | 9:13 | Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie. | |
Psal | Afr1953 | 9:14 | Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood; | |
Psal | Afr1953 | 9:15 | sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil. | |
Psal | Afr1953 | 9:16 | Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. | |
Psal | Afr1953 | 9:17 | Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 9:19 | Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie. | |
Chapter 10
Psal | Afr1953 | 10:2 | In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het! | |
Psal | Afr1953 | 10:3 | Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 10:4 | Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes! | |
Psal | Afr1953 | 10:5 | Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders — hy blaas op hulle. | |
Psal | Afr1953 | 10:6 | Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie. | |
Psal | Afr1953 | 10:7 | Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg. | |
Psal | Afr1953 | 10:8 | Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige. | |
Psal | Afr1953 | 10:9 | Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; | |
Psal | Afr1953 | 10:11 | Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie. | |
Psal | Afr1953 | 10:14 | U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees. | |
Psal | Afr1953 | 10:15 | Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie! | |
Psal | Afr1953 | 10:17 | HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister | |
Chapter 11
Psal | Afr1953 | 11:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! | |
Psal | Afr1953 | 11:2 | Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. | |
Psal | Afr1953 | 11:4 | Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. | |
Psal | Afr1953 | 11:5 | Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. | |
Psal | Afr1953 | 11:6 | Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. | |
Chapter 12
Psal | Afr1953 | 12:2 | Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. | |
Psal | Afr1953 | 12:3 | Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. | |
Psal | Afr1953 | 12:5 | hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? | |
Psal | Afr1953 | 12:6 | Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag. | |
Psal | Afr1953 | 12:7 | Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. | |
Chapter 13
Psal | Afr1953 | 13:2 | Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg? | |
Psal | Afr1953 | 13:3 | Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef? | |
Psal | Afr1953 | 13:4 | Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie; | |
Psal | Afr1953 | 13:5 | sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie. | |
Chapter 14
Psal | Afr1953 | 14:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. | |
Psal | Afr1953 | 14:2 | Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. | |
Psal | Afr1953 | 14:3 | Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. | |
Psal | Afr1953 | 14:4 | Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. | |
Psal | Afr1953 | 14:6 | Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. | |
Chapter 15
Psal | Afr1953 | 15:1 | 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? | |
Psal | Afr1953 | 15:3 | wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; | |
Psal | Afr1953 | 15:4 | in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; | |
Chapter 16
Psal | Afr1953 | 16:3 | Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is. | |
Psal | Afr1953 | 16:4 | Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie. | |
Psal | Afr1953 | 16:6 | Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. | |
Psal | Afr1953 | 16:8 | Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. | |
Psal | Afr1953 | 16:10 | want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. | |
Chapter 17
Psal | Afr1953 | 17:1 | HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. | |
Psal | Afr1953 | 17:3 | U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. | |
Psal | Afr1953 | 17:4 | Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy. | |
Psal | Afr1953 | 17:7 | Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! | |
Psal | Afr1953 | 17:11 | Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek. | |
Psal | Afr1953 | 17:12 | Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. | |
Psal | Afr1953 | 17:13 | Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard; | |
Psal | Afr1953 | 17:14 | met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly. | |
Chapter 18
Psal | Afr1953 | 18:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. | |
Psal | Afr1953 | 18:3 | Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. | |
Psal | Afr1953 | 18:7 | Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. | |
Psal | Afr1953 | 18:8 | Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. | |
Psal | Afr1953 | 18:9 | Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. | |
Psal | Afr1953 | 18:11 | En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind. | |
Psal | Afr1953 | 18:12 | Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke. | |
Psal | Afr1953 | 18:14 | En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole. | |
Psal | Afr1953 | 18:15 | En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar. | |
Psal | Afr1953 | 18:16 | En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus. | |
Psal | Afr1953 | 18:17 | Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. | |
Psal | Afr1953 | 18:18 | Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. | |
Psal | Afr1953 | 18:20 | En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. | |
Psal | Afr1953 | 18:21 | Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. | |
Psal | Afr1953 | 18:23 | want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:25 | So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë. | |
Psal | Afr1953 | 18:31 | Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. | |
Psal | Afr1953 | 18:36 | Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. | |
Psal | Afr1953 | 18:38 | Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:39 | Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete. | |
Psal | Afr1953 | 18:40 | En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk. | |
Psal | Afr1953 | 18:42 | Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:43 | Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. | |
Psal | Afr1953 | 18:44 | U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien. | |
Psal | Afr1953 | 18:45 | Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom. | |
Psal | Afr1953 | 18:49 | wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld. | |
Chapter 19
Psal | Afr1953 | 19:2 | Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. | |
Psal | Afr1953 | 19:3 | Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: | |
Psal | Afr1953 | 19:5 | Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak; | |
Psal | Afr1953 | 19:6 | en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop. | |
Psal | Afr1953 | 19:7 | Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. | |
Psal | Afr1953 | 19:8 | Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. | |
Psal | Afr1953 | 19:9 | Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. | |
Psal | Afr1953 | 19:10 | Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid — tesame is hulle regverdig. | |
Psal | Afr1953 | 19:11 | Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. | |
Chapter 20
Psal | Afr1953 | 20:2 | Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm! | |
Psal | Afr1953 | 20:6 | Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul! | |
Psal | Afr1953 | 20:7 | Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand. | |
Psal | Afr1953 | 20:8 | Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God. | |
Chapter 21
Psal | Afr1953 | 21:3 | U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 21:4 | Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud. | |
Psal | Afr1953 | 21:5 | Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd. | |
Psal | Afr1953 | 21:8 | Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie. | |
Psal | Afr1953 | 21:10 | U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer. | |
Psal | Afr1953 | 21:11 | U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg. | |
Psal | Afr1953 | 21:12 | Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig. | |
Chapter 22
Psal | Afr1953 | 22:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid. | |
Psal | Afr1953 | 22:2 | My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? | |
Psal | Afr1953 | 22:6 | Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie. | |
Psal | Afr1953 | 22:7 | Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk. | |
Psal | Afr1953 | 22:8 | Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: | |
Psal | Afr1953 | 22:9 | Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom! | |
Psal | Afr1953 | 22:10 | Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. | |
Psal | Afr1953 | 22:11 | Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. | |
Psal | Afr1953 | 22:15 | Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. | |
Psal | Afr1953 | 22:16 | My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. | |
Psal | Afr1953 | 22:17 | Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. | |
Psal | Afr1953 | 22:22 | Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor! | |
Psal | Afr1953 | 22:24 | Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel! | |
Psal | Afr1953 | 22:25 | Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp. | |
Psal | Afr1953 | 22:26 | Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees. | |
Psal | Afr1953 | 22:27 | Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe! | |
Psal | Afr1953 | 22:28 | Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. | |
Psal | Afr1953 | 22:30 | Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. | |
Chapter 23
Psal | Afr1953 | 23:4 | Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. | |
Psal | Afr1953 | 23:5 | U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. | |
Chapter 24
Psal | Afr1953 | 24:1 | 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; | |
Psal | Afr1953 | 24:4 | Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. | |
Psal | Afr1953 | 24:6 | Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 24:7 | Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! | |
Psal | Afr1953 | 24:8 | Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd. | |
Psal | Afr1953 | 24:9 | Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! | |
Chapter 25
Psal | Afr1953 | 25:2 | Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. | |
Psal | Afr1953 | 25:3 | Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. | |
Psal | Afr1953 | 25:5 | He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. | |
Psal | Afr1953 | 25:6 | Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. | |
Psal | Afr1953 | 25:7 | Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE! | |
Psal | Afr1953 | 25:10 | Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. | |
Psal | Afr1953 | 25:12 | Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. | |
Psal | Afr1953 | 25:14 | Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. | |
Psal | Afr1953 | 25:19 | Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat. | |
Psal | Afr1953 | 25:20 | Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. | |
Chapter 26
Psal | Afr1953 | 26:1 | 'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel. | |
Psal | Afr1953 | 26:9 | Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie, | |
Chapter 27
Psal | Afr1953 | 27:1 | 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? | |
Psal | Afr1953 | 27:2 | As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val. | |
Psal | Afr1953 | 27:3 | Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek. | |
Psal | Afr1953 | 27:4 | Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. | |
Psal | Afr1953 | 27:5 | Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots. | |
Psal | Afr1953 | 27:6 | En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 27:9 | Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! | |
Psal | Afr1953 | 27:12 | Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. | |
Psal | Afr1953 | 27:13 | o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie.... | |
Chapter 28
Psal | Afr1953 | 28:1 | 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie. | |
Psal | Afr1953 | 28:2 | Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom. | |
Psal | Afr1953 | 28:3 | Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart. | |
Psal | Afr1953 | 28:4 | Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade. | |
Psal | Afr1953 | 28:5 | Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie. | |
Psal | Afr1953 | 28:7 | Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang. | |
Psal | Afr1953 | 28:8 | Die HERE is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde. | |
Chapter 29
Psal | Afr1953 | 29:1 | 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! | |
Psal | Afr1953 | 29:3 | Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. | |
Psal | Afr1953 | 29:5 | Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon; | |
Psal | Afr1953 | 29:6 | en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel. | |
Psal | Afr1953 | 29:8 | Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. | |
Psal | Afr1953 | 29:9 | Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! | |
Psal | Afr1953 | 29:10 | Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid. | |
Chapter 30
Psal | Afr1953 | 30:2 | Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie. | |
Psal | Afr1953 | 30:4 | HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal. | |
Psal | Afr1953 | 30:6 | want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig. | |
Psal | Afr1953 | 30:8 | HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword! | |
Psal | Afr1953 | 30:10 | Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig? | |
Chapter 31
Psal | Afr1953 | 31:2 | By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 31:3 | Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos. | |
Psal | Afr1953 | 31:4 | Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur. | |
Psal | Afr1953 | 31:5 | U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug. | |
Psal | Afr1953 | 31:8 | Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het | |
Psal | Afr1953 | 31:9 | en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan. | |
Psal | Afr1953 | 31:10 | Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. | |
Psal | Afr1953 | 31:11 | Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit. | |
Psal | Afr1953 | 31:12 | Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af. | |
Psal | Afr1953 | 31:13 | Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan. | |
Psal | Afr1953 | 31:14 | Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem. | |
Psal | Afr1953 | 31:18 | HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk! | |
Psal | Afr1953 | 31:19 | Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige. | |
Psal | Afr1953 | 31:20 | o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! | |
Psal | Afr1953 | 31:21 | U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge. | |
Psal | Afr1953 | 31:22 | Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad. | |
Psal | Afr1953 | 31:23 | Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp. | |
Chapter 32
Psal | Afr1953 | 32:1 | 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. | |
Psal | Afr1953 | 32:2 | Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. | |
Psal | Afr1953 | 32:4 | want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 32:5 | My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 32:6 | Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. | |
Psal | Afr1953 | 32:7 | U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 32:8 | Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. | |
Psal | Afr1953 | 32:9 | Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. | |
Psal | Afr1953 | 32:10 | Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring. | |
Chapter 33
Psal | Afr1953 | 33:5 | Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 33:6 | Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. | |
Psal | Afr1953 | 33:7 | Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. | |
Psal | Afr1953 | 33:8 | Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; | |
Psal | Afr1953 | 33:10 | Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. | |
Psal | Afr1953 | 33:11 | Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag. | |
Psal | Afr1953 | 33:12 | Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. | |
Psal | Afr1953 | 33:16 | 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie. | |
Psal | Afr1953 | 33:18 | Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; | |
Chapter 34
Psal | Afr1953 | 34:1 | 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. | |
Psal | Afr1953 | 34:3 | Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees. | |
Psal | Afr1953 | 34:5 | Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered. | |
Psal | Afr1953 | 34:6 | He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie. | |
Psal | Afr1953 | 34:7 | Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. | |
Psal | Afr1953 | 34:8 | Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. | |
Psal | Afr1953 | 34:9 | Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! | |
Psal | Afr1953 | 34:11 | Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie. | |
Psal | Afr1953 | 34:13 | Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? | |
Psal | Afr1953 | 34:14 | Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. | |
Psal | Afr1953 | 34:15 | Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na. | |
Psal | Afr1953 | 34:17 | Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. | |
Psal | Afr1953 | 34:19 | Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. | |
Psal | Afr1953 | 34:20 | Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom. | |
Chapter 35
Psal | Afr1953 | 35:4 | Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! | |
Psal | Afr1953 | 35:5 | Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot. | |
Psal | Afr1953 | 35:6 | Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg! | |
Psal | Afr1953 | 35:7 | Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. | |
Psal | Afr1953 | 35:8 | Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting! | |
Psal | Afr1953 | 35:10 | Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! | |
Psal | Afr1953 | 35:13 | En ek — toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. | |
Psal | Afr1953 | 35:14 | Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. | |
Psal | Afr1953 | 35:15 | Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. | |
Psal | Afr1953 | 35:17 | Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. | |
Psal | Afr1953 | 35:19 | Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie! | |
Psal | Afr1953 | 35:20 | Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land. | |
Psal | Afr1953 | 35:21 | En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien! | |
Psal | Afr1953 | 35:24 | Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie! | |
Psal | Afr1953 | 35:25 | Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie! | |
Psal | Afr1953 | 35:26 | Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word! | |
Psal | Afr1953 | 35:27 | Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg! | |
Chapter 36
Psal | Afr1953 | 36:2 | In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie. | |
Psal | Afr1953 | 36:4 | Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen. | |
Psal | Afr1953 | 36:5 | Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie. | |
Psal | Afr1953 | 36:7 | U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere! | |
Psal | Afr1953 | 36:8 | Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels. | |
Psal | Afr1953 | 36:9 | Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. | |
Psal | Afr1953 | 36:11 | Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart. | |
Chapter 37
Psal | Afr1953 | 37:1 | 'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; | |
Psal | Afr1953 | 37:2 | want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. | |
Psal | Afr1953 | 37:3 | Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, | |
Psal | Afr1953 | 37:7 | Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. | |
Psal | Afr1953 | 37:8 | He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig. | |
Psal | Afr1953 | 37:9 | Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. | |
Psal | Afr1953 | 37:10 | Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. | |
Psal | Afr1953 | 37:11 | Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. | |
Psal | Afr1953 | 37:12 | Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. | |
Psal | Afr1953 | 37:14 | Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg. | |
Psal | Afr1953 | 37:16 | Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose; | |
Psal | Afr1953 | 37:17 | want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges. | |
Psal | Afr1953 | 37:18 | Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. | |
Psal | Afr1953 | 37:19 | Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word. | |
Psal | Afr1953 | 37:20 | Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn. | |
Psal | Afr1953 | 37:21 | Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee; | |
Psal | Afr1953 | 37:22 | want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word. | |
Psal | Afr1953 | 37:23 | Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg. | |
Psal | Afr1953 | 37:25 | Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. | |
Psal | Afr1953 | 37:28 | want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. | |
Psal | Afr1953 | 37:33 | Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. | |
Psal | Afr1953 | 37:34 | Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. | |
Psal | Afr1953 | 37:35 | Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom. | |
Psal | Afr1953 | 37:36 | Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. | |
Psal | Afr1953 | 37:37 | Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede. | |
Psal | Afr1953 | 37:38 | Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. | |
Psal | Afr1953 | 37:39 | Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid. | |
Chapter 38
Psal | Afr1953 | 38:4 | Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie. | |
Psal | Afr1953 | 38:5 | Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword. | |
Psal | Afr1953 | 38:11 | My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie. | |
Psal | Afr1953 | 38:12 | Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan; | |
Psal | Afr1953 | 38:13 | en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog. | |
Psal | Afr1953 | 38:14 | Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie. | |
Psal | Afr1953 | 38:17 | Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my! | |
Psal | Afr1953 | 38:20 | Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal. | |
Psal | Afr1953 | 38:21 | En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag. | |
Chapter 39
Psal | Afr1953 | 39:2 | Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is. | |
Psal | Afr1953 | 39:3 | Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker. | |
Psal | Afr1953 | 39:4 | My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong: | |
Psal | Afr1953 | 39:5 | HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. | |
Psal | Afr1953 | 39:6 | Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 39:7 | Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. | |
Psal | Afr1953 | 39:12 | Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela. | |
Chapter 40
Psal | Afr1953 | 40:2 | Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; | |
Psal | Afr1953 | 40:3 | en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. | |
Psal | Afr1953 | 40:4 | En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. | |
Psal | Afr1953 | 40:5 | Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie. | |
Psal | Afr1953 | 40:6 | Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. | |
Psal | Afr1953 | 40:7 | U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. | |
Psal | Afr1953 | 40:10 | Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit. | |
Psal | Afr1953 | 40:11 | U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie. | |
Psal | Afr1953 | 40:12 | U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. | |
Psal | Afr1953 | 40:13 | Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat. | |
Psal | Afr1953 | 40:15 | Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom. | |
Chapter 41
Psal | Afr1953 | 41:2 | Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil. | |
Psal | Afr1953 | 41:3 | Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. | |
Psal | Afr1953 | 41:4 | Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is. | |
Psal | Afr1953 | 41:7 | En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan. | |
Psal | Afr1953 | 41:8 | Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê: | |
Psal | Afr1953 | 41:9 | Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie. | |
Psal | Afr1953 | 41:10 | Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig. | |
Chapter 42
Psal | Afr1953 | 42:3 | My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? | |
Psal | Afr1953 | 42:4 | My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? | |
Psal | Afr1953 | 42:5 | Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte! | |
Psal | Afr1953 | 42:6 | Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig! | |
Psal | Afr1953 | 42:7 | o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af. | |
Psal | Afr1953 | 42:8 | Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. | |
Psal | Afr1953 | 42:9 | Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe. | |
Psal | Afr1953 | 42:10 | Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking? | |
Chapter 43
Psal | Afr1953 | 43:1 | Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg! | |
Psal | Afr1953 | 43:2 | Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking? | |
Psal | Afr1953 | 43:3 | Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge, | |
Psal | Afr1953 | 43:4 | dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God! | |
Chapter 44
Psal | Afr1953 | 44:2 | o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. | |
Psal | Afr1953 | 44:3 | U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit. | |
Psal | Afr1953 | 44:4 | Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. | |
Psal | Afr1953 | 44:6 | Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. | |
Psal | Afr1953 | 44:7 | Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie; | |
Psal | Afr1953 | 44:10 | En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie. | |
Psal | Afr1953 | 44:14 | U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. | |
Psal | Afr1953 | 44:17 | weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige. | |
Psal | Afr1953 | 44:18 | Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie. | |
Psal | Afr1953 | 44:20 | alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek. | |
Psal | Afr1953 | 44:21 | As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god — | |
Chapter 45
Psal | Afr1953 | 45:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. | |
Psal | Afr1953 | 45:2 | My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer. | |
Psal | Afr1953 | 45:3 | U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig. | |
Psal | Afr1953 | 45:5 | ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! | |
Psal | Afr1953 | 45:6 | U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande. | |
Psal | Afr1953 | 45:7 | U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. | |
Psal | Afr1953 | 45:8 | U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle. | |
Psal | Afr1953 | 45:10 | Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. | |
Psal | Afr1953 | 45:12 | en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer. | |
Psal | Afr1953 | 45:13 | En, o dogter van Tirus — met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense. | |
Psal | Afr1953 | 45:14 | Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. | |
Psal | Afr1953 | 45:15 | In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. | |
Chapter 46
Psal | Afr1953 | 46:2 | God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. | |
Psal | Afr1953 | 46:3 | Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. | |
Psal | Afr1953 | 46:4 | Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 46:5 | Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. | |
Psal | Afr1953 | 46:6 | God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek. | |
Psal | Afr1953 | 46:7 | Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe. | |
Psal | Afr1953 | 46:8 | Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 46:10 | wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand. | |
Chapter 47
Psal | Afr1953 | 47:7 | Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! | |
Chapter 48
Psal | Afr1953 | 48:3 | Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning! | |
Psal | Afr1953 | 48:6 | Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. | |
Psal | Afr1953 | 48:9 | Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 48:11 | Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid. | |
Chapter 49
Psal | Afr1953 | 49:6 | Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring — | |
Psal | Afr1953 | 49:7 | die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? | |
Psal | Afr1953 | 49:11 | Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. | |
Psal | Afr1953 | 49:12 | Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name. | |
Psal | Afr1953 | 49:13 | Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. | |
Psal | Afr1953 | 49:14 | Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 49:15 | Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie. | |
Psal | Afr1953 | 49:16 | Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 49:18 | want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie. | |
Psal | Afr1953 | 49:19 | Al ag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen — | |
Chapter 50
Psal | Afr1953 | 50:1 | 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe. | |
Psal | Afr1953 | 50:3 | Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. | |
Psal | Afr1953 | 50:6 | En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 50:7 | Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God! | |
Psal | Afr1953 | 50:12 | As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. | |
Psal | Afr1953 | 50:16 | Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond — | |
Psal | Afr1953 | 50:21 | Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. | |
Psal | Afr1953 | 50:22 | Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. | |
Chapter 51
Psal | Afr1953 | 51:3 | Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. | |
Psal | Afr1953 | 51:6 | Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. | |
Psal | Afr1953 | 51:8 | Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. | |
Psal | Afr1953 | 51:9 | Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. | |
Psal | Afr1953 | 51:12 | Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. | |
Psal | Afr1953 | 51:16 | Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. | |
Psal | Afr1953 | 51:18 | Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. | |
Psal | Afr1953 | 51:19 | Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. | |
Chapter 52
Psal | Afr1953 | 52:2 | toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. | |
Psal | Afr1953 | 52:3 | Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag! | |
Psal | Afr1953 | 52:5 | Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 52:7 | So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 52:9 | Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. | |
Chapter 53
Psal | Afr1953 | 53:2 | Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie. | |
Psal | Afr1953 | 53:3 | God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. | |
Psal | Afr1953 | 53:4 | Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie. | |
Psal | Afr1953 | 53:5 | Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie. | |
Psal | Afr1953 | 53:6 | Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp. Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. | |
Chapter 54
Psal | Afr1953 | 54:2 | toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? | |
Psal | Afr1953 | 54:5 | Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela. | |
Chapter 55
Psal | Afr1953 | 55:4 | weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand. | |
Psal | Afr1953 | 55:5 | My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval. | |
Psal | Afr1953 | 55:7 | Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! | |
Psal | Afr1953 | 55:12 | Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie. | |
Psal | Afr1953 | 55:13 | Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; | |
Psal | Afr1953 | 55:15 | Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare. | |
Psal | Afr1953 | 55:16 | Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste. | |
Psal | Afr1953 | 55:19 | Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my. | |
Psal | Afr1953 | 55:20 | God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie. | |
Psal | Afr1953 | 55:21 | Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig. | |
Psal | Afr1953 | 55:22 | Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde. | |
Chapter 56
Psal | Afr1953 | 56:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. | |
Psal | Afr1953 | 56:2 | Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag. | |
Psal | Afr1953 | 56:5 | Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen? | |
Psal | Afr1953 | 56:6 | Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen. | |
Psal | Afr1953 | 56:7 | Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het. | |
Psal | Afr1953 | 56:10 | Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is. | |
Chapter 57
Psal | Afr1953 | 57:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het. | |
Psal | Afr1953 | 57:2 | Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het. | |
Psal | Afr1953 | 57:4 | Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur. | |
Psal | Afr1953 | 57:5 | Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is. | |
Psal | Afr1953 | 57:7 | Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela. | |
Chapter 58
Psal | Afr1953 | 58:2 | Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig? | |
Psal | Afr1953 | 58:3 | Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af. | |
Psal | Afr1953 | 58:4 | Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af. | |
Psal | Afr1953 | 58:6 | wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie. | |
Psal | Afr1953 | 58:7 | o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE! | |
Psal | Afr1953 | 58:8 | Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. | |
Psal | Afr1953 | 58:9 | Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie. | |
Psal | Afr1953 | 58:10 | Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed. | |
Chapter 59
Psal | Afr1953 | 59:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. | |
Psal | Afr1953 | 59:4 | Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE! | |
Psal | Afr1953 | 59:6 | Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 59:8 | Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor? | |
Psal | Afr1953 | 59:12 | Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild! | |
Psal | Afr1953 | 59:13 | Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel. | |
Psal | Afr1953 | 59:14 | Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 59:16 | Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag. | |
Chapter 60
Psal | Afr1953 | 60:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig. | |
Psal | Afr1953 | 60:2 | Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend. | |
Psal | Afr1953 | 60:8 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. | |
Psal | Afr1953 | 60:9 | Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. | |
Chapter 61
Psal | Afr1953 | 61:3 | Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. | |
Psal | Afr1953 | 61:5 | Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 61:6 | Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees. | |
Psal | Afr1953 | 61:7 | Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag. | |
Chapter 62
Psal | Afr1953 | 62:4 | Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur? | |
Psal | Afr1953 | 62:5 | Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 62:9 | Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 62:10 | Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid. | |
Psal | Afr1953 | 62:11 | Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie! | |
Chapter 63
Psal | Afr1953 | 63:2 | o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water. | |
Psal | Afr1953 | 63:6 | Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe | |
Psal | Afr1953 | 63:10 | Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde. | |
Chapter 64
Psal | Afr1953 | 64:3 | Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid; | |
Psal | Afr1953 | 64:6 | 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien? | |
Psal | Afr1953 | 64:7 | Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart! | |
Psal | Afr1953 | 64:9 | En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof. | |
Chapter 65
Psal | Afr1953 | 65:5 | Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis. | |
Psal | Afr1953 | 65:6 | Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see! | |
Psal | Afr1953 | 65:8 | wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke; | |
Psal | Afr1953 | 65:9 | sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel. | |
Psal | Afr1953 | 65:10 | U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land. | |
Psal | Afr1953 | 65:11 | U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel. | |
Chapter 66
Psal | Afr1953 | 66:3 | Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom. | |
Psal | Afr1953 | 66:4 | Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 66:6 | Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom. | |
Psal | Afr1953 | 66:7 | Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 66:12 | U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed. | |
Psal | Afr1953 | 66:15 | Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 66:16 | Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het. | |
Chapter 67
Psal | Afr1953 | 67:5 | Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. | |
Chapter 68
Psal | Afr1953 | 68:3 | Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God. | |
Psal | Afr1953 | 68:4 | Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap. | |
Psal | Afr1953 | 68:5 | Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! | |
Psal | Afr1953 | 68:7 | God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land. | |
Psal | Afr1953 | 68:8 | o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela, | |
Psal | Afr1953 | 68:9 | het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel! | |
Psal | Afr1953 | 68:10 | Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk. | |
Psal | Afr1953 | 68:11 | U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God! | |
Psal | Afr1953 | 68:12 | Die Here het die woord laat hoor — die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare: | |
Psal | Afr1953 | 68:13 | Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit. | |
Psal | Afr1953 | 68:14 | As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud. | |
Psal | Afr1953 | 68:17 | Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 68:18 | Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid. | |
Psal | Afr1953 | 68:19 | U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God! | |
Psal | Afr1953 | 68:21 | God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood. | |
Psal | Afr1953 | 68:22 | Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel. | |
Psal | Afr1953 | 68:23 | Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see; | |
Psal | Afr1953 | 68:24 | sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê. | |
Psal | Afr1953 | 68:26 | Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan. | |
Psal | Afr1953 | 68:27 | Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel! | |
Psal | Afr1953 | 68:28 | Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali. | |
Psal | Afr1953 | 68:31 | Dreig die wilde gedierte van die riet — die trop stiere saam met die kalwers van die volke — die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë. | |
Psal | Afr1953 | 68:33 | o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela. | |
Psal | Afr1953 | 68:34 | Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem. | |
Chapter 69
Psal | Afr1953 | 69:3 | Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my. | |
Psal | Afr1953 | 69:5 | Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee. | |
Psal | Afr1953 | 69:7 | Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel! | |
Psal | Afr1953 | 69:10 | Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval. | |
Psal | Afr1953 | 69:11 | Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword. | |
Psal | Afr1953 | 69:13 | Die wat in die poort sit, praat van my — ook die spotlied van die wat sterk drank drink. | |
Psal | Afr1953 | 69:14 | Maar ek — my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil! | |
Psal | Afr1953 | 69:15 | Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes. | |
Psal | Afr1953 | 69:16 | Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie! | |
Psal | Afr1953 | 69:17 | Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede. | |
Psal | Afr1953 | 69:21 | Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. | |
Psal | Afr1953 | 69:22 | En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink. | |
Psal | Afr1953 | 69:23 | Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik. | |
Psal | Afr1953 | 69:24 | Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel. | |
Psal | Afr1953 | 69:27 | Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes. | |
Psal | Afr1953 | 69:29 | Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie. | |
Psal | Afr1953 | 69:32 | en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het. | |
Psal | Afr1953 | 69:33 | As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe! | |
Chapter 70
Psal | Afr1953 | 70:3 | Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. | |
Chapter 71
Psal | Afr1953 | 71:3 | Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting. | |
Psal | Afr1953 | 71:4 | My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar. | |
Psal | Afr1953 | 71:6 | Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur. | |
Psal | Afr1953 | 71:9 | Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie. | |
Psal | Afr1953 | 71:13 | Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande. | |
Psal | Afr1953 | 71:15 | My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. | |
Psal | Afr1953 | 71:16 | Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen. | |
Psal | Afr1953 | 71:18 | En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag. | |
Psal | Afr1953 | 71:19 | Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U? | |
Psal | Afr1953 | 71:20 | U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 71:22 | So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel! | |
Chapter 72
Psal | Afr1953 | 72:1 | Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. | |
Psal | Afr1953 | 72:4 | Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel. | |
Psal | Afr1953 | 72:5 | Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag. | |
Psal | Afr1953 | 72:6 | Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie — 'n swaar reën op die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 72:7 | In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. | |
Psal | Afr1953 | 72:8 | En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 72:10 | Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring. | |
Psal | Afr1953 | 72:12 | Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. | |
Psal | Afr1953 | 72:13 | Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red. | |
Psal | Afr1953 | 72:14 | Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë. | |
Psal | Afr1953 | 72:15 | Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën! | |
Psal | Afr1953 | 72:16 | Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde! | |
Psal | Afr1953 | 72:17 | Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys! | |
Psal | Afr1953 | 72:19 | En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen. | |
Chapter 73
Psal | Afr1953 | 73:2 | Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly. | |
Psal | Afr1953 | 73:3 | Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien. | |
Psal | Afr1953 | 73:5 | In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie. | |
Psal | Afr1953 | 73:6 | Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. | |
Psal | Afr1953 | 73:10 | Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp. | |
Psal | Afr1953 | 73:15 | As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders! | |
Psal | Afr1953 | 73:19 | Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! | |
Psal | Afr1953 | 73:20 | Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld! | |
Psal | Afr1953 | 73:26 | Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 73:27 | Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer. | |
Chapter 74
Psal | Afr1953 | 74:1 | 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide? | |
Psal | Afr1953 | 74:2 | Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het. | |
Psal | Afr1953 | 74:3 | Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel. | |
Psal | Afr1953 | 74:4 | U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. | |
Psal | Afr1953 | 74:6 | En nou — die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan. | |
Psal | Afr1953 | 74:7 | Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig. | |
Psal | Afr1953 | 74:8 | Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand. | |
Psal | Afr1953 | 74:9 | Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie. | |
Psal | Afr1953 | 74:10 | Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag? | |
Psal | Afr1953 | 74:13 | U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek. | |
Psal | Afr1953 | 74:14 | U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk — vir woestyndiere. | |
Psal | Afr1953 | 74:16 | Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel. | |
Psal | Afr1953 | 74:17 | U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer. | |
Psal | Afr1953 | 74:19 | Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie. | |
Psal | Afr1953 | 74:20 | Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld. | |
Psal | Afr1953 | 74:21 | Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys. | |
Psal | Afr1953 | 74:22 | Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas. | |
Chapter 75
Psal | Afr1953 | 75:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. | |
Psal | Afr1953 | 75:5 | Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie! | |
Psal | Afr1953 | 75:7 | Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie.... | |
Psal | Afr1953 | 75:9 | Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink. | |
Chapter 76
Psal | Afr1953 | 76:6 | Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie. | |
Psal | Afr1953 | 76:10 | toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 76:11 | Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself. | |
Chapter 77
Psal | Afr1953 | 77:3 | Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word. | |
Psal | Afr1953 | 77:7 | Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors: | |
Psal | Afr1953 | 77:9 | Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? | |
Psal | Afr1953 | 77:10 | Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela. | |
Psal | Afr1953 | 77:11 | Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander! | |
Psal | Afr1953 | 77:17 | Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder. | |
Psal | Afr1953 | 77:18 | Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg. | |
Psal | Afr1953 | 77:19 | U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe. | |
Chapter 78
Psal | Afr1953 | 78:1 | 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond. | |
Psal | Afr1953 | 78:4 | sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. | |
Psal | Afr1953 | 78:5 | Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, | |
Psal | Afr1953 | 78:6 | sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, | |
Psal | Afr1953 | 78:7 | en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, | |
Psal | Afr1953 | 78:8 | en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:9 | Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog. | |
Psal | Afr1953 | 78:13 | Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal. | |
Psal | Afr1953 | 78:15 | Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede. | |
Psal | Afr1953 | 78:16 | En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere. | |
Psal | Afr1953 | 78:17 | Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land. | |
Psal | Afr1953 | 78:19 | En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn? | |
Psal | Afr1953 | 78:20 | Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk? | |
Psal | Afr1953 | 78:21 | Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel; | |
Psal | Afr1953 | 78:24 | en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee. | |
Psal | Afr1953 | 78:26 | Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer; | |
Psal | Afr1953 | 78:27 | en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë; | |
Psal | Afr1953 | 78:29 | Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig. | |
Psal | Afr1953 | 78:31 | toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het. | |
Psal | Afr1953 | 78:33 | So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking. | |
Psal | Afr1953 | 78:34 | Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek; | |
Psal | Afr1953 | 78:35 | en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser. | |
Psal | Afr1953 | 78:37 | maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:38 | Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:39 | En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:40 | Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis; | |
Psal | Afr1953 | 78:42 | Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie; | |
Psal | Afr1953 | 78:44 | En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:45 | Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het. | |
Psal | Afr1953 | 78:46 | En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan. | |
Psal | Afr1953 | 78:47 | Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp. | |
Psal | Afr1953 | 78:49 | Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes. | |
Psal | Afr1953 | 78:50 | Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee. | |
Psal | Afr1953 | 78:51 | En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam. | |
Psal | Afr1953 | 78:52 | Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn. | |
Psal | Afr1953 | 78:53 | Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek. | |
Psal | Afr1953 | 78:54 | En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het. | |
Psal | Afr1953 | 78:55 | En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon. | |
Psal | Afr1953 | 78:56 | Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie. | |
Psal | Afr1953 | 78:57 | En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog. | |
Psal | Afr1953 | 78:58 | En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek. | |
Psal | Afr1953 | 78:60 | En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense. | |
Psal | Afr1953 | 78:61 | En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander. | |
Psal | Afr1953 | 78:65 | Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn; | |
Psal | Afr1953 | 78:66 | en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen. | |
Psal | Afr1953 | 78:67 | En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie, | |
Psal | Afr1953 | 78:69 | En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het. | |
Psal | Afr1953 | 78:71 | Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel. | |
Chapter 79
Psal | Afr1953 | 79:1 | 'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. | |
Psal | Afr1953 | 79:2 | Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land. | |
Psal | Afr1953 | 79:3 | Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe. | |
Psal | Afr1953 | 79:4 | Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. | |
Psal | Afr1953 | 79:6 | Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie. | |
Psal | Afr1953 | 79:8 | Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak. | |
Psal | Afr1953 | 79:9 | Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam. | |
Psal | Afr1953 | 79:10 | Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte. | |
Psal | Afr1953 | 79:11 | Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm. | |
Psal | Afr1953 | 79:12 | En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het. | |
Chapter 80
Psal | Afr1953 | 80:1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm. | |
Psal | Afr1953 | 80:2 | o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans! | |
Psal | Afr1953 | 80:7 | U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot. | |
Psal | Afr1953 | 80:8 | o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! | |
Psal | Afr1953 | 80:9 | 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant. | |
Psal | Afr1953 | 80:13 | Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk? | |
Psal | Afr1953 | 80:15 | o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok; | |
Psal | Afr1953 | 80:16 | en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het. | |
Psal | Afr1953 | 80:17 | Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om. | |
Psal | Afr1953 | 80:18 | Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het. | |
Chapter 81
Psal | Afr1953 | 81:3 | Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp. | |
Psal | Afr1953 | 81:6 | Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor: | |
Psal | Afr1953 | 81:8 | In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 81:10 | Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie. | |
Psal | Afr1953 | 81:11 | Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. | |
Psal | Afr1953 | 81:12 | Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie. | |
Psal | Afr1953 | 81:13 | Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. | |
Chapter 82
Psal | Afr1953 | 82:1 | 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. | |
Psal | Afr1953 | 82:2 | Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. | |
Psal | Afr1953 | 82:5 | Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. | |
Chapter 83
Psal | Afr1953 | 83:4 | Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes. | |
Psal | Afr1953 | 83:5 | Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. | |
Psal | Afr1953 | 83:10 | Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison: | |
Psal | Afr1953 | 83:12 | Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna, | |
Chapter 84
Psal | Afr1953 | 84:3 | My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. | |
Psal | Afr1953 | 84:4 | Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God! | |
Psal | Afr1953 | 84:6 | Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. | |
Psal | Afr1953 | 84:7 | As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. | |
Psal | Afr1953 | 84:11 | Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid. | |
Chapter 85
Psal | Afr1953 | 85:9 | Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie! | |
Psal | Afr1953 | 85:10 | Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon. | |
Chapter 86
Psal | Afr1953 | 86:1 | 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. | |
Psal | Afr1953 | 86:2 | Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou. | |
Psal | Afr1953 | 86:5 | Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. | |
Psal | Afr1953 | 86:9 | Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer; | |
Psal | Afr1953 | 86:11 | Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam. | |
Psal | Afr1953 | 86:13 | want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered. | |
Psal | Afr1953 | 86:14 | o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie. | |
Psal | Afr1953 | 86:15 | Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. | |
Psal | Afr1953 | 86:16 | Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd. | |
Chapter 87
Psal | Afr1953 | 87:1 | Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. | |
Psal | Afr1953 | 87:4 | Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore. | |
Psal | Afr1953 | 87:5 | En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. | |
Chapter 88
Psal | Afr1953 | 88:1 | 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. | |
Psal | Afr1953 | 88:5 | Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag, | |
Psal | Afr1953 | 88:6 | vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand. | |
Psal | Afr1953 | 88:9 | U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. | |
Psal | Afr1953 | 88:10 | My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit. | |
Psal | Afr1953 | 88:11 | Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela. | |
Psal | Afr1953 | 88:12 | Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering? | |
Psal | Afr1953 | 88:13 | Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid? | |
Psal | Afr1953 | 88:16 | Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos. | |
Chapter 89
Psal | Afr1953 | 89:2 | Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag. | |
Psal | Afr1953 | 89:3 | Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele — daar bevestig U u trou. | |
Psal | Afr1953 | 89:4 | Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe: | |
Psal | Afr1953 | 89:5 | Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 89:6 | En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges. | |
Psal | Afr1953 | 89:7 | Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge, | |
Psal | Afr1953 | 89:8 | 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is? | |
Psal | Afr1953 | 89:9 | o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U! | |
Psal | Afr1953 | 89:10 | U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring. | |
Psal | Afr1953 | 89:11 | U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi. | |
Psal | Afr1953 | 89:12 | Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid — U het dit gegrond. | |
Psal | Afr1953 | 89:15 | Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit. | |
Psal | Afr1953 | 89:16 | Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig. | |
Psal | Afr1953 | 89:20 | Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef. | |
Psal | Afr1953 | 89:24 | maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan. | |
Psal | Afr1953 | 89:25 | En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word. | |
Psal | Afr1953 | 89:28 | Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 89:29 | Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas. | |
Psal | Afr1953 | 89:33 | dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 89:35 | Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie. | |
Psal | Afr1953 | 89:36 | Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! | |
Psal | Afr1953 | 89:38 | Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 89:40 | U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond. | |
Psal | Afr1953 | 89:42 | Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword. | |
Psal | Afr1953 | 89:44 | Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie. | |
Psal | Afr1953 | 89:47 | Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur? | |
Psal | Afr1953 | 89:48 | Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het! | |
Psal | Afr1953 | 89:49 | Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela. | |
Psal | Afr1953 | 89:50 | Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou? | |
Psal | Afr1953 | 89:51 | Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke, | |
Chapter 90
Psal | Afr1953 | 90:1 | 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. | |
Psal | Afr1953 | 90:2 | Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God. | |
Psal | Afr1953 | 90:4 | Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak. | |
Psal | Afr1953 | 90:5 | Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit: | |
Psal | Afr1953 | 90:6 | in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor. | |
Psal | Afr1953 | 90:9 | Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte. | |
Psal | Afr1953 | 90:10 | Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. | |
Psal | Afr1953 | 90:11 | Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is? | |
Psal | Afr1953 | 90:14 | Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae. | |
Psal | Afr1953 | 90:15 | Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het. | |
Chapter 91
Psal | Afr1953 | 91:1 | Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. | |
Psal | Afr1953 | 91:3 | Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. | |
Psal | Afr1953 | 91:4 | Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. | |
Psal | Afr1953 | 91:6 | vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! | |
Psal | Afr1953 | 91:7 | Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. | |
Psal | Afr1953 | 91:14 | Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. | |
Psal | Afr1953 | 91:15 | Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. | |
Chapter 92
Psal | Afr1953 | 92:2 | Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, | |
Psal | Afr1953 | 92:8 | as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg. | |
Psal | Afr1953 | 92:10 | Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word. | |
Psal | Afr1953 | 92:12 | En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan. | |
Psal | Afr1953 | 92:13 | Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Líbanon. | |
Chapter 93
Psal | Afr1953 | 93:1 | Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. | |
Psal | Afr1953 | 93:3 | Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas! | |
Psal | Afr1953 | 93:4 | Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte! | |
Chapter 94
Psal | Afr1953 | 94:4 | Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle. | |
Psal | Afr1953 | 94:8 | Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word? | |
Psal | Afr1953 | 94:13 | om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word. | |
Psal | Afr1953 | 94:15 | want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg. | |
Psal | Afr1953 | 94:16 | Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid? | |
Psal | Afr1953 | 94:17 | As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon. | |
Psal | Afr1953 | 94:20 | Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in? | |
Chapter 95
Psal | Afr1953 | 95:1 | Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! | |
Psal | Afr1953 | 95:4 | In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. | |
Psal | Afr1953 | 95:5 | Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. | |
Psal | Afr1953 | 95:7 | Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! | |
Psal | Afr1953 | 95:8 | Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; | |
Psal | Afr1953 | 95:9 | waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. | |
Psal | Afr1953 | 95:10 | Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; | |
Chapter 96
Psal | Afr1953 | 96:10 | Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. | |
Chapter 97
Psal | Afr1953 | 97:2 | Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon. | |
Psal | Afr1953 | 97:5 | Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde. | |
Psal | Afr1953 | 97:7 | Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer. | |
Psal | Afr1953 | 97:9 | Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode. | |
Psal | Afr1953 | 97:10 | o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. | |
Chapter 98
Psal | Afr1953 | 98:1 | 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp. | |
Psal | Afr1953 | 98:2 | Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar. | |
Psal | Afr1953 | 98:3 | Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien. | |
Psal | Afr1953 | 98:5 | Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, | |
Chapter 99
Psal | Afr1953 | 99:1 | Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder! | |
Psal | Afr1953 | 99:4 | Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob. | |
Psal | Afr1953 | 99:5 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! | |
Psal | Afr1953 | 99:6 | Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor. | |
Psal | Afr1953 | 99:7 | In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het. | |
Psal | Afr1953 | 99:8 | o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade. | |
Chapter 100
Psal | Afr1953 | 100:3 | Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. | |
Chapter 101
Psal | Afr1953 | 101:1 | Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! | |
Psal | Afr1953 | 101:2 | Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. | |
Psal | Afr1953 | 101:3 | Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie. | |
Psal | Afr1953 | 101:5 | Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. | |
Psal | Afr1953 | 101:6 | My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien. | |
Psal | Afr1953 | 101:7 | Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie. | |
Chapter 102
Psal | Afr1953 | 102:1 | 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 102:3 | Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou! | |
Psal | Afr1953 | 102:5 | Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet. | |
Psal | Afr1953 | 102:7 | Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope. | |
Psal | Afr1953 | 102:9 | Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek. | |
Psal | Afr1953 | 102:12 | My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek. | |
Psal | Afr1953 | 102:14 | U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom. | |
Psal | Afr1953 | 102:16 | Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid; | |
Psal | Afr1953 | 102:18 | Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie. | |
Psal | Afr1953 | 102:19 | Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof; | |
Psal | Afr1953 | 102:20 | omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het, | |
Psal | Afr1953 | 102:21 | om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood; | |
Psal | Afr1953 | 102:25 | My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie — u jare is van geslag tot geslag! | |
Psal | Afr1953 | 102:26 | In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande. | |
Psal | Afr1953 | 102:27 | Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn. | |
Chapter 103
Psal | Afr1953 | 103:1 | 'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! | |
Psal | Afr1953 | 103:4 | wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, | |
Psal | Afr1953 | 103:5 | wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend. | |
Psal | Afr1953 | 103:10 | Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. | |
Psal | Afr1953 | 103:11 | Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. | |
Psal | Afr1953 | 103:12 | So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. | |
Psal | Afr1953 | 103:13 | Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. | |
Psal | Afr1953 | 103:17 | Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, | |
Psal | Afr1953 | 103:20 | Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! | |
Chapter 104
Psal | Afr1953 | 104:1 | Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed — | |
Psal | Afr1953 | 104:2 | wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek; | |
Psal | Afr1953 | 104:3 | wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel, | |
Psal | Afr1953 | 104:5 | Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie. | |
Psal | Afr1953 | 104:6 | U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. | |
Psal | Afr1953 | 104:7 | Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik — | |
Psal | Afr1953 | 104:8 | berge het opgerys, laagtes het weggesak — na die plek wat U vir hulle reggemaak het. | |
Psal | Afr1953 | 104:9 | 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie. | |
Psal | Afr1953 | 104:12 | By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor. | |
Psal | Afr1953 | 104:13 | Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke. | |
Psal | Afr1953 | 104:14 | Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom, | |
Psal | Afr1953 | 104:15 | en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk. | |
Psal | Afr1953 | 104:16 | Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het; | |
Psal | Afr1953 | 104:20 | U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip. | |
Psal | Afr1953 | 104:24 | Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele! | |
Psal | Afr1953 | 104:25 | Daar is die see, groot en alkante toe wyd — daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes. | |
Psal | Afr1953 | 104:28 | U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. | |
Psal | Afr1953 | 104:29 | U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof. | |
Psal | Afr1953 | 104:30 | U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut. | |
Psal | Afr1953 | 104:31 | Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke, | |
Psal | Afr1953 | 104:33 | Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is. | |
Chapter 105
Psal | Afr1953 | 105:3 | Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. | |
Psal | Afr1953 | 105:5 | Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, | |
Psal | Afr1953 | 105:8 | Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — | |
Psal | Afr1953 | 105:10 | wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond, | |
Psal | Afr1953 | 105:13 | en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk, | |
Psal | Afr1953 | 105:14 | het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: | |
Psal | Afr1953 | 105:16 | En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek. | |
Psal | Afr1953 | 105:19 | tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het. | |
Psal | Afr1953 | 105:20 | Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat. | |
Psal | Afr1953 | 105:23 | Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. | |
Psal | Afr1953 | 105:25 | Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel. | |
Psal | Afr1953 | 105:27 | Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam. | |
Psal | Afr1953 | 105:28 | Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie. | |
Psal | Afr1953 | 105:31 | Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied. | |
Psal | Afr1953 | 105:33 | En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek. | |
Psal | Afr1953 | 105:35 | wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond. | |
Psal | Afr1953 | 105:36 | Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag. | |
Psal | Afr1953 | 105:37 | Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. | |
Psal | Afr1953 | 105:40 | Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. | |
Psal | Afr1953 | 105:41 | Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — 'n rivier! | |
Psal | Afr1953 | 105:44 | En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem, | |
Chapter 106
Psal | Afr1953 | 106:1 | Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 106:5 | dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel. | |
Psal | Afr1953 | 106:6 | Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel. | |
Psal | Afr1953 | 106:7 | Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee. | |
Psal | Afr1953 | 106:9 | En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn. | |
Psal | Afr1953 | 106:10 | En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand. | |
Psal | Afr1953 | 106:14 | En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis. | |
Psal | Afr1953 | 106:15 | Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur. | |
Psal | Afr1953 | 106:16 | En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 106:18 | En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek. | |
Psal | Afr1953 | 106:20 | En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet. | |
Psal | Afr1953 | 106:23 | Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie. | |
Psal | Afr1953 | 106:25 | en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die HERE nie geluister nie. | |
Psal | Afr1953 | 106:27 | en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande. | |
Psal | Afr1953 | 106:28 | Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet; | |
Psal | Afr1953 | 106:29 | en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het. | |
Psal | Afr1953 | 106:32 | Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil; | |
Psal | Afr1953 | 106:33 | want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe. | |
Psal | Afr1953 | 106:38 | en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is. | |
Psal | Afr1953 | 106:40 | Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel. | |
Psal | Afr1953 | 106:41 | En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers; | |
Psal | Afr1953 | 106:43 | Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 106:45 | en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede. | |
Psal | Afr1953 | 106:46 | En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het. | |
Psal | Afr1953 | 106:47 | Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof! | |
Chapter 107
Psal | Afr1953 | 107:3 | en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af. | |
Psal | Afr1953 | 107:4 | Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie. | |
Psal | Afr1953 | 107:6 | Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. | |
Psal | Afr1953 | 107:8 | Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; | |
Psal | Afr1953 | 107:9 | want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul. | |
Psal | Afr1953 | 107:11 | omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het, | |
Psal | Afr1953 | 107:12 | het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. | |
Psal | Afr1953 | 107:13 | Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. | |
Psal | Afr1953 | 107:14 | Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek. | |
Psal | Afr1953 | 107:15 | Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; | |
Psal | Afr1953 | 107:17 | Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is — | |
Psal | Afr1953 | 107:18 | hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom. | |
Psal | Afr1953 | 107:19 | Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. | |
Psal | Afr1953 | 107:20 | Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. | |
Psal | Afr1953 | 107:21 | Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; | |
Psal | Afr1953 | 107:25 | Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. | |
Psal | Afr1953 | 107:26 | Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle siel het vergaan van wee. | |
Psal | Afr1953 | 107:27 | Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. | |
Psal | Afr1953 | 107:28 | Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. | |
Psal | Afr1953 | 107:30 | Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. | |
Psal | Afr1953 | 107:31 | Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders. | |
Psal | Afr1953 | 107:32 | En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes. | |
Psal | Afr1953 | 107:37 | En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het. | |
Psal | Afr1953 | 107:38 | En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie. | |
Psal | Afr1953 | 107:40 | Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad — | |
Psal | Afr1953 | 107:41 | Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak. | |
Chapter 108
Psal | Afr1953 | 108:8 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. | |
Psal | Afr1953 | 108:9 | Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. | |
Psal | Afr1953 | 108:12 | Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. | |
Chapter 109
Psal | Afr1953 | 109:2 | Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong, | |
Psal | Afr1953 | 109:10 | en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af. | |
Psal | Afr1953 | 109:12 | Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie. | |
Psal | Afr1953 | 109:13 | Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag. | |
Psal | Afr1953 | 109:14 | Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie. | |
Psal | Afr1953 | 109:15 | Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei; | |
Psal | Afr1953 | 109:16 | omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak. | |
Psal | Afr1953 | 109:17 | Ja, hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en — dit het ver van hom af gebly. | |
Psal | Afr1953 | 109:18 | Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente. | |
Psal | Afr1953 | 109:19 | Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind. | |
Psal | Afr1953 | 109:20 | Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my. | |
Psal | Afr1953 | 109:21 | Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my. | |
Psal | Afr1953 | 109:23 | Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan. | |
Psal | Afr1953 | 109:28 | Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly. | |
Psal | Afr1953 | 109:29 | Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel. | |
Chapter 110
Psal | Afr1953 | 110:1 | Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete. | |
Psal | Afr1953 | 110:2 | U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande. | |
Psal | Afr1953 | 110:3 | U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe. | |
Psal | Afr1953 | 110:4 | Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. | |
Psal | Afr1953 | 110:6 | Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land. | |
Chapter 111
Psal | Afr1953 | 111:1 | Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering. | |
Psal | Afr1953 | 111:2 | Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het. | |
Psal | Afr1953 | 111:3 | He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 111:4 | Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig. | |
Psal | Afr1953 | 111:5 | Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. | |
Psal | Afr1953 | 111:6 | Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. | |
Psal | Afr1953 | 111:8 | Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid. | |
Psal | Afr1953 | 111:9 | Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik. | |
Chapter 112
Psal | Afr1953 | 112:1 | Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. | |
Psal | Afr1953 | 112:2 | Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word. | |
Psal | Afr1953 | 112:3 | He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 112:4 | Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig. | |
Psal | Afr1953 | 112:5 | Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. | |
Psal | Afr1953 | 112:6 | Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. | |
Psal | Afr1953 | 112:7 | Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 112:9 | Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. | |
Chapter 113
Psal | Afr1953 | 113:3 | Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! | |
Chapter 114
Psal | Afr1953 | 114:1 | Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, | |
Psal | Afr1953 | 114:7 | Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob, | |
Chapter 115
Psal | Afr1953 | 115:1 | Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. | |
Psal | Afr1953 | 115:7 | hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. | |
Psal | Afr1953 | 115:12 | Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën. | |
Psal | Afr1953 | 115:16 | Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee. | |
Chapter 116
Psal | Afr1953 | 116:3 | Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. | |
Psal | Afr1953 | 116:8 | Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling. | |
Psal | Afr1953 | 116:14 | My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. | |
Psal | Afr1953 | 116:16 | Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. | |
Psal | Afr1953 | 116:18 | Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk, | |
Chapter 117
Chapter 118
Psal | Afr1953 | 118:5 | Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. | |
Psal | Afr1953 | 118:10 | Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. | |
Psal | Afr1953 | 118:11 | Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. | |
Psal | Afr1953 | 118:12 | Hulle het my omsingel soos bye — hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. | |
Psal | Afr1953 | 118:15 | 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade. | |
Psal | Afr1953 | 118:16 | Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. | |
Psal | Afr1953 | 118:19 | Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. | |
Psal | Afr1953 | 118:26 | Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE. | |
Psal | Afr1953 | 118:27 | Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. | |
Chapter 119
Psal | Afr1953 | 119:33 | He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. | |
Psal | Afr1953 | 119:34 | Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. | |
Psal | Afr1953 | 119:43 | En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. | |
Psal | Afr1953 | 119:73 | Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. | |
Psal | Afr1953 | 119:75 | Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. | |
Psal | Afr1953 | 119:77 | Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. | |
Psal | Afr1953 | 119:78 | Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele. | |
Psal | Afr1953 | 119:80 | Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:83 | Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:84 | Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers? | |
Psal | Afr1953 | 119:87 | Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:88 | Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou. | |
Psal | Afr1953 | 119:93 | Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak. | |
Psal | Afr1953 | 119:108 | Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge. | |
Psal | Afr1953 | 119:110 | Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:111 | Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart. | |
Psal | Afr1953 | 119:116 | Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:119 | U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief. | |
Psal | Afr1953 | 119:121 | Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:133 | Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:144 | U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe. | |
Psal | Afr1953 | 119:145 | Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. | |
Psal | Afr1953 | 119:149 | Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. | |
Psal | Afr1953 | 119:157 | My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:158 | Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:160 | Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 119:161 | Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord. | |
Psal | Afr1953 | 119:165 | Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. | |
Psal | Afr1953 | 119:169 | Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. | |
Chapter 120
Psal | Afr1953 | 120:5 | Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! | |
Chapter 121
Chapter 122
Psal | Afr1953 | 122:1 | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! | |
Psal | Afr1953 | 122:4 | waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die HERE te loof. | |
Chapter 123
Psal | Afr1953 | 123:2 | Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is. | |
Psal | Afr1953 | 123:3 | Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting; | |
Chapter 124
Psal | Afr1953 | 124:1 | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie — laat Israel dit sê — | |
Psal | Afr1953 | 124:7 | Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. | |
Chapter 125
Psal | Afr1953 | 125:1 | 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 125:2 | Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 125:3 | Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. | |
Chapter 126
Psal | Afr1953 | 126:1 | 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. | |
Psal | Afr1953 | 126:2 | Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. | |
Chapter 127
Psal | Afr1953 | 127:1 | 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. | |
Psal | Afr1953 | 127:2 | Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap! | |
Psal | Afr1953 | 127:3 | Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. | |
Chapter 128
Psal | Afr1953 | 128:1 | 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! | |
Psal | Afr1953 | 128:2 | Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! | |
Psal | Afr1953 | 128:3 | Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. | |
Psal | Afr1953 | 128:5 | Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! | |
Chapter 129
Psal | Afr1953 | 129:1 | 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê — | |
Psal | Afr1953 | 129:2 | alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. | |
Chapter 130
Psal | Afr1953 | 130:7 | Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; | |
Chapter 131
Psal | Afr1953 | 131:1 | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. | |
Psal | Afr1953 | 131:2 | Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my. | |
Chapter 132
Psal | Afr1953 | 132:2 | dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob: | |
Psal | Afr1953 | 132:3 | Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie; | |
Psal | Afr1953 | 132:11 | Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon. | |
Psal | Afr1953 | 132:12 | As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit. | |
Psal | Afr1953 | 132:13 | Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: | |
Psal | Afr1953 | 132:17 | Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei. | |
Chapter 133
Psal | Afr1953 | 133:1 | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! | |
Psal | Afr1953 | 133:2 | Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere. | |
Chapter 134
Psal | Afr1953 | 134:1 | 'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan! | |
Chapter 135
Psal | Afr1953 | 135:3 | Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik! | |
Psal | Afr1953 | 135:6 | Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes. | |
Psal | Afr1953 | 135:7 | Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan; | |
Psal | Afr1953 | 135:9 | wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte; | |
Psal | Afr1953 | 135:11 | Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän, | |
Chapter 136
Psal | Afr1953 | 136:5 | Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:6 | Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:9 | Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:10 | Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:11 | En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:12 | Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:13 | Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:14 | En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:15 | En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:16 | Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:19 | Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:21 | En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:23 | Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Psal | Afr1953 | 136:24 | En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. | |
Chapter 137
Psal | Afr1953 | 137:3 | Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied. | |
Psal | Afr1953 | 137:6 | Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. | |
Psal | Afr1953 | 137:7 | HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom! | |
Psal | Afr1953 | 137:8 | o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het! | |
Chapter 138
Psal | Afr1953 | 138:1 | 'n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer. | |
Psal | Afr1953 | 138:2 | Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak. | |
Psal | Afr1953 | 138:3 | Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel. | |
Psal | Afr1953 | 138:4 | Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond; | |
Psal | Afr1953 | 138:5 | en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot. | |
Psal | Afr1953 | 138:6 | Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. | |
Psal | Afr1953 | 138:7 | As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my. | |
Chapter 139
Psal | Afr1953 | 139:8 | Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! | |
Psal | Afr1953 | 139:11 | En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, | |
Psal | Afr1953 | 139:12 | dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. | |
Psal | Afr1953 | 139:14 | Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. | |
Psal | Afr1953 | 139:15 | My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 139:16 | U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. | |
Psal | Afr1953 | 139:17 | Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! | |
Psal | Afr1953 | 139:18 | Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U. | |
Psal | Afr1953 | 139:19 | o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! | |
Psal | Afr1953 | 139:21 | HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? | |
Chapter 140
Psal | Afr1953 | 140:4 | Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 140:5 | Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot. | |
Psal | Afr1953 | 140:6 | Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 140:7 | Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge! | |
Psal | Afr1953 | 140:9 | HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela. | |
Psal | Afr1953 | 140:10 | Wat betref die hoof van die wat my omring — laat die onheil van hulle lippe hulle oordek. | |
Psal | Afr1953 | 140:11 | Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie! | |
Psal | Afr1953 | 140:12 | Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — laat die ongeluk hom jaag met slag op slag. | |
Chapter 141
Psal | Afr1953 | 141:1 | 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep. | |
Psal | Afr1953 | 141:2 | Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. | |
Psal | Afr1953 | 141:4 | Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. | |
Psal | Afr1953 | 141:5 | Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede. | |
Psal | Afr1953 | 141:6 | As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is. | |
Psal | Afr1953 | 141:7 | Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk. | |
Psal | Afr1953 | 141:9 | Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid. | |
Chapter 142
Psal | Afr1953 | 142:3 | Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. | |
Psal | Afr1953 | 142:4 | As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. | |
Psal | Afr1953 | 142:5 | Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. | |
Psal | Afr1953 | 142:6 | Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. | |
Chapter 143
Psal | Afr1953 | 143:1 | 'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 143:2 | En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie. | |
Psal | Afr1953 | 143:3 | Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is. | |
Psal | Afr1953 | 143:5 | Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande. | |
Psal | Afr1953 | 143:7 | Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie. | |
Psal | Afr1953 | 143:8 | Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. | |
Psal | Afr1953 | 143:10 | Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land. | |
Psal | Afr1953 | 143:11 | o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid. | |
Chapter 144
Psal | Afr1953 | 144:1 | 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer — | |
Psal | Afr1953 | 144:2 | my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp. | |
Psal | Afr1953 | 144:7 | Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes, | |
Psal | Afr1953 | 144:9 | o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing. | |
Psal | Afr1953 | 144:10 | U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard. | |
Psal | Afr1953 | 144:11 | Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is; | |
Psal | Afr1953 | 144:12 | sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis; | |
Psal | Afr1953 | 144:13 | dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde; | |
Psal | Afr1953 | 144:14 | ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie. | |
Chapter 145
Psal | Afr1953 | 145:1 | 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. | |
Psal | Afr1953 | 145:4 | Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade. | |
Psal | Afr1953 | 145:5 | He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. | |
Psal | Afr1953 | 145:6 | Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel. | |
Psal | Afr1953 | 145:7 | Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid. | |
Psal | Afr1953 | 145:8 | Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. | |
Psal | Afr1953 | 145:11 | Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag, | |
Psal | Afr1953 | 145:12 | Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk. | |
Psal | Afr1953 | 145:13 | Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. | |
Psal | Afr1953 | 145:19 | Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. | |
Chapter 146
Psal | Afr1953 | 146:2 | Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is. | |
Psal | Afr1953 | 146:4 | Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. | |
Psal | Afr1953 | 146:5 | Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, | |
Psal | Afr1953 | 146:6 | wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid; | |
Psal | Afr1953 | 146:7 | wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. | |
Psal | Afr1953 | 146:8 | Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. | |
Psal | Afr1953 | 146:9 | Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom. | |
Chapter 147
Psal | Afr1953 | 147:1 | Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas! | |
Psal | Afr1953 | 147:6 | Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe. | |
Psal | Afr1953 | 147:7 | Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; | |
Psal | Afr1953 | 147:8 | wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, | |
Psal | Afr1953 | 147:10 | Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. | |
Psal | Afr1953 | 147:11 | Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop. | |
Psal | Afr1953 | 147:13 | Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën. | |
Psal | Afr1953 | 147:14 | Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring, | |
Psal | Afr1953 | 147:19 | Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. | |
Chapter 148
Psal | Afr1953 | 148:5 | Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee — en hulle is geskape. | |
Psal | Afr1953 | 148:6 | En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie. | |
Psal | Afr1953 | 148:13 | laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel! | |
Chapter 149
Psal | Afr1953 | 149:1 | Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote! | |
Psal | Afr1953 | 149:2 | Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning! | |
Psal | Afr1953 | 149:6 | Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand; | |
Chapter 150